Sewe van die spelers wat in 2014 die goue medalje vir Suid-Afrika in Glasgow help wen het, is ingesluit in die sewesspan vir die Statebondspele wat in April aan Australië se Goudkus gehou word.
Lees meerAlles vir Dinsdag 27 Februarie 2018
Parlement aanvaar onteiening sonder vergoeding
In ‘n geskiedkundige keerpunt met potensieel ernstige gevolge het die parlement ‘n mosie aanvaar dat hy maniere ondersoek om die Grondwet te wysig sodat grondonteiening sonder vergoeding kan plaasvind.
Vrou op wildsplaas deur leeu verskeur
ʼn 22-jarige vrou is Dinsdag dood nadat sy deur ʼn leeuwyfie by ʼn lodge in Hammanskraal, noord van Pretoria, aangeval is.
Gemengde gevoelens oor minister van minerale hulpbronne
Vakbonde blyk gemengde gevoelens te hê nadat Gwede Mantashe aangestel is as minister van minerale hulpbronne.
Kommissie gaan 28 maatskappye vervolg vir ‘kartelgedrag’
Die Mededingingskommissie het Dinsdag gesê 28 maatskappye, insluitend die SAUK, is na die tribunaal verwys vir vervolging op aanklagte van die beweerde vasstelling van pryse en handelsvoorwaardes.
Sassa waarsku begunstigdes teen onwettige leners
Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) in Mpumalanga het Dinsdag begunstigdes van welsynstoelaes gewaarsku om nie in die strik te trap van onwettige leners wat voordoen dat hulle saam met Sassa werk nie.
Doom-profeet gevonnis
Pastoor Lethebo Rabalago, ook bekend as die “Doom-profeet”, is Dinsdag in die landdroshof in Mookgopong (Naboomspruit) in Limpopo gevonnis.
DA vra Nene om BTW-verhoging terug te trek
Die Demokratiese Alliansie het Dinsdag gesê hy is versigtig optimisties oor die heraanstelling van Nhlanhla Nene as minister van finansies.
‘Doodspoor volg baasbrein’ van Mooinooi-saak
Sedert die sogenaamde “baasbrein” in die veelbesproke Mooinooi-saak in hegtenis geneem is, het nadere ondersoek dit aan die lig gebring dat minstens vyf liggame naby plekke waar hy al gebly het, gevind is.
ToekomsVenster: Liefdesoffers
Here, baie dankie dat ek uit liefde aan U offers kan bring.
Ramaphosa se kabinet: Verwag nog skuiwe
Die samestelling van pres. Cyril Ramaphosa se nuwe kabinet en die manier waarop die aankondiging daaroor eers uitgestel is, is ʼn teken dat hy sterk druk moes weerstaan om dit saam te stel.
Toetskoors en glasbalvoorspellings loop hand aan hand
Nou lê die groot toets vir ons hier op plaaslike bodem voor.
72-jarige op plaas vermoor
“Die vrou se liggaam is in die badkamer gevind waar sy vasgebind was.”
Reservaat vind 7 dooie renosters op een dag
“Die wildbewaarders het die aasvoëls op ʼn spesifieke plek opgemerk en gaan ondersoek instel.”
Die wêreld in foto’s – 27 Februarie 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Wouter Wessels wil met integriteit ʼn verskil maak
Die Vryheidsfront Plus se nuwe parlementslid het groot skoene om vol te staan, maar hy meen hy het geleer by die beste leermeester in die Suid-Afrikaanse politiek.
Uitdrukking: Die sieke dra die gesonde
Ken jy die fabel agter die uitdrukking “die sieke dra die gesonde”? Taaltoffie stel ondersoek in.
McBride wél verhoor vir ‘aanranding’
Die hof het ook gehoor een van McBride se dogters sal na verwagting ʼn getuie vir die verdediging wees.
Pleidooi aan Ramaphosa om in te tree ná doodsvonnis
“Ek wil net weet waar is die klinkklare bewyse dat my pa aan alles skuldig is waarvan hulle hom aankla.”
Foto’s: Dié verlowingsfoto’s sal jou inspireer!
As jy op soek is na bietjie inspirasie vir jou verlowingsfoto’s, is dié paartjie se fotosessie dalk net die ding!