Een van die belanghebbendes in die geregtelike ondersoek het glo in ʼn MXit-gesprek met ander skoolmaats daarvan gepraat om van iemand ontslae te raak en het krapmerke aan sy nek gehad.
Alles vir Dinsdag 6 Maart 2018
Dié munisipaliteit nou nog langer sonder krag
Eskom het aangekondig dat twee munisipaliteite in die Vrystaat nog langer onder kragonderbrekings gebuk sal moet gaan weens agterstallige skuld.
Mazda-herroeping: ‘Eienaars moet kennis neem’
Die herroeping raak 28 000 voertuie.
Talle lande plaas verbod op SA vleisprodukte
Verskeie Afrikalande moes Suid-Afrikaanse vleisprodukte van hul rakke onttrek en waarskuwings aan die publiek uitreik nadat die bron van die listeriose-uitbreking in Suid-Afrika, wat reeds die lewe van 180 mense geëis het, geïdentifiseer is.
Kyla mag eers weer later perdry
Kyla het Maandag ʼn CT-skandering ondergaan en sal vandag nog toetse ondergaan wat haar breinfunksies monitor.
Boer in hof ná hy glo teen werker se huis vasry
Die voorval het glo plaasgevind ná ʼn onderonsie tussen die boer en werker.
’n Meer realistiese politiek nou nodig
Wat die Westerse wêreld nou nodig het, is ’n sterk politieke beweging wat op realistiese ontledings van waar ons nou is en waarheen ons kan gaan, moet fokus.
Kiesers kan van dié naweek af registreer
Daar sal na verwagting 22 612 stemstasies landwyd oop wees op 10 en 11 Maart tussen 08:00 en 17:00.
Vredefort-plaasaanval: Boer se selfoon naby toneel gevind
Dirk Steenkamp (71) was glo gewapen, maar ʼn groep verdagtes het hom oorval en daarin geslaag om sy vuurwapen by hom af te neem. Hy is buite sy huis vermoor.
Topname op 8 Maart in die blokke!
Daar is veral fokus op die ongewone 300 m-wedloop.
‘Gesmokkelde’ kinders teruggestuur na Zimbabwe
Die bestuurder van die vragmotor het aan polisiebeamptes gesê hy is R200 per kind betaal om die kinders na Suid-Afrika te vervoer.
KFC-saak: Beskuldigde glo in hospitaal
Net vier van die vyf mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn egpaar verlede jaar in ʼn KFC-deurrybaan in Montana in die noorde van Pretoria aangerand het, het Dinsdag in die Pretoria-streekshof verskyn.
Wanderlust: Hoofstuk 5
Toe hoor ek van genade en vergiffenis en hoedat jy ander mense moet vergewe sodat jy self kan lewe …
Listeriose: Tiger Brands was hande in onskuld
“Ek kan nie om verskoning vra vir iets waaroor ek nie duidelikheid het nie. Ek is nie bewus van enige siviele regstappe teen die maatskappy nie.”
Listeriose: Dít moet jy weet
Alles wat jy moet weet oor die listeriose-uitbreking, insluitend die simptome, hoe om dit te voorkom en hoe dit behandel word.
Oom Herrie se kerrie: Die wegspring in die lewe
Gister het ek weer ’n ongelooflike dag beleef. Joan het danksy Jandré se judo op die bestuur van ’n besonderse judoklub gekom. Baie van die lede is kinderhuiskinders, en hulle is wonderlik met Jandré. Maar dis net so besonders om hierdie kinders te ontmoet, en ek staan verstom oor die grootmense wat hulle besig is om te word.
Aktrise se Oscar op toekenningsaand gesteel
ʼn Man is intussen in hegtenis geneem in verband met die voorval.
Dink weer oor Engels in Wes-Kaapse howe, maan taalaktiviste
Die Vereniging van Regslui vir Afrikaans (VRA) het ʼn beroep op regter John Hlophe gedoen om sy besluit terug te trek om Engels as enigste amptelike taal van die hofrekord in die Wes-Kaapse howe in te stel.
Twee aangekla ná vroue kaal moet uittrek by werk
Die werknemers is glo deursoek nadat niemand verantwoordelikheid wou aanvaar vir wat in die badkamer gevind is nie.
Gauteng Opera sluit deure ná 18 jaar
“Dis die einde van ʼn era. ʼn Ontsettende hartseer maar werklike einde.”