Die Zoeloelandse kampioen, Hluhluwe, het op sy sukses van verlede jaar voortgebou deur Saterdag op Eshowe die Bozasbeker te verower.
Lees meerAlles vir Woensdag 7 Maart 2018
SA rugbybase in verkiesing teengestaan
Die president en ander ampsdraers van die SA Rugbyunie (Saru) kry teenstand in die komende uitvoerende raadsverkiesing tydens ʼn vergadering van die hoofraad op 6 April.
Maak só as jy ʼn transitoroof sien
Die veiligheidsmaatskappy SBV, wat ook kontant-in-transito-dienste verskaf, het ʼn paar wenke verskaf oor wat jy kan doen indien jy ʼn transitorooftog sien.
Kaapstad se dag zero tot 2019 uitgestel
Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Woensdag gesê dag zero sal nie in 2018 in Kaapstad plaasvind nie en die krane sal nie opdroog nie.
Vakbond ontstoke oor Nedbank-poste wat weens ‘robotte’ gesny word
Die finansiële-werkersvakbond Sasbo het Woensdag Nedbank veroordeel ná ʼn aankondiging dat 3 000 poste gesny kan word as gevolg van robotika.
Gauteng-premier besorg oor voorgestelde tariefverhogings in Jhb
David Makhura, premier van Gauteng, het Woensdag sy kommer uitgespreek oor ʼn voorgestelde verhoging van eiendomsheffings in die Stad Johannesburg ná sy munisipale waardasies onlangs uitgereik is.
Gigaba ‘te siek’ om te sê of hy oor Guptas gejok het
LP’s het Woensdag Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, ʼn “patologiese leuenaar” genoem nadat hy versuim het om in die nasionale vergadering te verskyn en vrae te beantwoord oor die burgerskapstatus van die omstrede Gupta-familie.
Was ons byna die slagoffers van ‘n staatsgreep?
Vertellings en spekulasie is besig om in ingeligte en gerespekteerde kringe toe te neem dat oudpres. Jacob Zuma en sy trawante ‘n staatsgreep oorweeg het toe dit blyk die gety draai teen hul kandidaat, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, in die pas afgelope ANC-leierstryd.
Perlemoenstropery: Staatsamptenare se saak uitgestel
Nege inspekteurs van die departement van landbou, bosbou en visserye, het Woensdag in die Hermanus-landdroshof verskyn op ʼn reeks aanklagte, insluitend korrupsie.
ToekomsVenster: Offers in die kerk
Here, baie dankie vir my gemeente wat vêr buite sy grensgebied werk.
Man vermoor glo verloofde se dogter
ʼn 45-jarige man van Benoni aan die Oos-Rand is onder polisiebewaking in die hospitaal nadat hy vroeër vandeesweek na bewering sy verloofde se 21-jarige dogter vermoor het, sy verloofde met ʼn mes bygedam en toe probeer het om sy eie lewe te neem.
Invloedryke struggle-stem teen onteiening sonder vergoeding
Die stryd teen onteiening van grond sonder vergoeding het vanoggend ʼn enorme hupstoot gekry toe ‘n vooraanstaande menseregte-advokaat hom teen ʼn wysiging van die Grondwet uitgespreek het.
Die wêreld in foto’s – 7 Maart 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Resep: Tunastrudel
ʼn Heerlike southappie met bros fillodeeg sorg vir ʼn wonderlike eet-ervaring.
Pasgebore baba lê heelnag in motreën
“Haar naelstring was steeds geheg en sy het nog bloed aan haar lyfie gehad.”
Vrede-suiwelprojek: NVG-baas ontken ondersoek sloer
Adv. Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV), het Woensdag ontken dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) sy ondersoek na staatskaping en die plundering van staatshulpbronne vertraag het.
Goeie nuus oor Dag Zero
Maimane het dié aankondiging by ʼn mediakonferensie by die party se hoofkantoor in Kaapstad gemaak.
Twee vas wat hulle as Valke voordoen
Die twee verdagtes het selfs na die polisiestasie gegaan, hulself voorgestel en bystand versoek om operasies uit te voer waartydens hulle op goedere wou “beslag lê”.
Vyf trots Afrikaanse musiekfeeste voor Julie
Of jy nou van rockmusiek, sokkietreffers of goue oues hou ─ dié feeste bied beslis iets vir jou!
Rian oor die dinge wat hy nié moes sê nie
“Ek sal toegee: Daar was ʼn tyd in die begin van my loopbaan wat ʼn mens uit jou pad gegaan het om omstrede te wees,” sê hy. “Dit was ʼn thing gewees. As ʼn jong omroeper wou jy gehoor word. Daar was tye wat ek doelbewus omstrede was.”