Die veiligheidswag, wat sedert Oktober 2017 in aanhouding is, het glo 55 leerders by ʼn Gautengse laerskool seksueel aangerand.
Alles vir Woensdag 7 Maart 2018
Vandag se sportnuus
Die Blitsbokke speel komende naweek in die sesde been van die Wêreldreeks in Toronto, Kanada en in die Uefa Kampioene-liga is twee wedstryde gister gespeel.
Hof hoor oor gru-moord op ontvoerde kinders
Die kinders is op 28 Januarie in die vroeë oggendure by ʼn huis in Vosman buite Witbank ontvoer waar ʼn 50-jarige vrou saam met haar kinders en kleinkinders woon.
Gupta-broers het nooit burgerskap gehad nie, sê Gigaba
“As ons van plan was om die Gupta-familie te bevoordeel en aan hulle burgerskap toe te staan ongeag wat die wet bepaal, sou ons nie gevra het dat hulle afstand doen van hul Indiese burgerskap nie.”
Vier van ANN7 in hegtenis geneem
Immigrasiebeamptes van die departement van binnelandse sake het Dinsdagmiddag glo nóg vier mense by ANN7 se televisie-ateljees in Johannesburg in hegtenis geneem.
Malema die populis wat op mense se emosies teer
Die probleem is egter dat die Commander op die oomblik die hef in die hand het. Om die Grondwet te verander het die ANC die EFF se hulp nodig, en die EFF kan en gaan sy voorwaardes stel. My raad aan Ramaphosa is egter om nie op Malema te vertrou nie.
Feiteblad: Wat jy van plaasaanvalle behoort te weet
AfriForum glo dat dié aanvalle as prioriteitsmisdade erken en hanteer moet word. Die Suid-Afrikaanse regering se traak-my-nie-agtige-houding jeens die krisis is oorverdowend.
Gratis hoër onderrig: Wie kry en wie moet agterbly
Dit is dus duidelik dat daar te min geld is om alle behoeftige studente, wat uit ʼn gesamentlike jaarlikse gesinsinkomste van onder R350 000 kom, finansieel te ondersteun. Die vraag is nou: Wie sal agter in die ry moet gaan staan?
Gedagte vir die dag: Moeder Teresa
En elkeen wat ‘n huis om my ontwil opgegee het, of broers of susters of ‘n pa of ‘n ma of kinders of grond – hy sal honderd maal soveel terugontvang en boonop die ewige lewe verkry. (Matteus 19:29)