Die meerderheid van Suid-Afrikaanse kiesers glo die land sal floreer onder die nuwe president Cyril Ramaphosa, aldus ‘n meningsopname.
Lees meerAlles vir Donderdag 8 Maart 2018
Vrywillige bekendmaking haal R3,3 miljard-teiken
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Donderdag gesê hy het, deur sy vrywillige bekendmakingsprogram met belastingbetalers wat meer as R3,3 miljard skuld, betalingsooreenkomste aangegaan.
Grayston-brug: Nuwe inspekteur vir ondersoek
‘n Nuwe toesighoudende inspekteur is aangestel vir die ondersoek oor die ineenstorting van die Grayston- voetganger en fietsrybrug in Oktober 2015.
Valke ondersoek moord op voormalige Kaapstad-raadslid
Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) in Kaapstad, het ʼn beroep op die publiek gedoen vir enige inligting in verband met die moord op Depoutche Elese, ʼn voormalige ANC-wyksraadslid.
Mahumapelo verwelkom Valke-klopjag by sy kantoor
Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, het Donderdag ʼn klopjag deur die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) by sy kantoor verwelkom.
Ysters in siel maak goeie opposisieleiers
Ysters in die siel en die bereidheid om teleurstelling te hanteer ter wille van beginsels is die kern van goeie opposisieleiers, het die leidende historikus prof. Hermann Giliomee Woensdag by die Universiteit Stellenbosch se Woordfees in Stellenbosch gesê.
Hoop vir SA wittes
Daar is hoop dat die lewering van munisipale dienste aan spesifiek wit Suid-Afrikaners op die platteland kan verbeter namate meer van hulle uit klein dorpies na groter streekdorpe trek, het Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit-beweging, vanoggend in Stellenbosch gesê.
Listeriose: EFF beplan klasaksie
Die Ekonomiese Vryheidsvegters beplan ʼn klasaksie teen maatskappye wat betrokke was by die verspreiding van die dodelike bakterie, listeriose.
ToekomsVenster: Dis beter om te gee as om te ontvang
Here, baie dankie dat ek nie net ’n ontvanger is in U koninkryk nie, maar dat ek ook ’n gewer kan wees.
Operasie ʼn ‘groot sukses’ ná gru-aanval op atleet
Die ure lange operasie om die Suid-Afrikaanse driekampatleet Mhlengi Gwala se been te red was ʼn sukses.
Gevaartekens flikker as regering sny aan basiese onderwys
“Die departement van basiese onderwys se planne is maar eintlik net ʼn aanduiding dat die land se kinders nie vir die regering belangrik is nie. Hul plan om minder skole te bou en minder in die onderrig van wiskunde en wetenskap te belê, terwyl veel meer geld vir hoër onderwys bewillig word, is ʼn sterk indikasie hiervan en laat die gevaarligte flikker.”
Gesin se nagmerrie ná botsing tot skok-diagnose lei
“Ons is platgeslaan. ʼn Mens kan staande bly na één terugslag, maar wanneer ʼn reeks tragedies ʼn mens in só ʼn kort tydperk tref, is dit moeilik om positief te bly. Wat moet ʼn mens sê? Niks wat jy sê of doen gaan help nie. ʼn Mens bid, jy hoop.”
Die wêreld in foto’s – 8 Maart 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Staatskaping: ‘Komiteehoof is ‘n skelm’
“Hy het nie gereageer oor die R1,2 miljoen-donasie nie, maar het in plaas daarvan gevra vir ʼn telefoongesprek met die EFF-koukus. As jy nie iets op skrif kan sit nie, dan is dit korrup.”
Die reis na ware universiteitswese
Met Suid-Afrika se groot hoeveelheid multiversiteite, maar gebrek aan ware universiteite, is dit noodsaaklik dat daar ook oorsee gekyk word na ware universiteitswese.
Nigeriese pastoor dán eers verhoor
Van die beweerde slagoffers was so jonk as 13 jaar oud.
Video: Boetebessie verras motoris op verjaardag
Hy sê hy het haar onderbreek en gevra om weer te sing sodat hy ʼn video-opname daarvan kon maak. “Dit was vir my net só oulik.”
Sonneblomme of sonneblom – wat groei daar op jou land?
Het ʼn boer ʼn land vol sonneblom of sonneblomme? Sophia Kapp neem die kwessie onder die loep.
Gospelsanger se ma gevind
Die bekende gospelsanger Danie Botha se bejaarde ma wat sedert laat Woensdag vermis was, is gevind.
Valke slaan toe op NW-premierskantoor
Volgens die Valke is daar beslag gelê op verskeie dokumente uit verskillende kantore.