“Hy sal onthou word vir sy entoesiasme en passie vir sy werk en sy liefde vir sy kollegas.”
Alles vir Donderdag 8 Maart 2018
‘Nie ons werk om Duduzane, Guptas te soek’
“Ons by die staatsveiligheidsagentskap kan nie by al die grense omgaan om te kyk of Duduzane uit die land uit is of nie.”
Trump hef verbod op wildtrofeë op
Die Trump-administrasie het stil-stil die verbod op die invoer van onder meer olifanttrofeë uit Afrika opgehef, wat wyd veroordeel word as ʼn “ommeswaai” van pres. Donald Trump se vorige veroordeling van dié praktyk.
Bekendstelling: Kaatjie van die baan
Jaguar se kenmerkende sierrooster en ligte gee die kietsie ʼn aggressiewe voorkoms, en dit is nie net bek sonder binnegoed nie, skryf Brendon Staniforth.
Boek: Die vyfde Aspoester
Die lyke van nog drie meisies word binne ʼn paar dae gevind. Olaf besef hy sal baie diep in sy eie donker profiel moet delf na die waarheid as hy wil verhoed dat sy enigste dogter die vyfde slagoffer van die Aspoestermoordenaar word.
Vier in Australië dood weens listeriose
Vier mense is in Australië dood ná hulle glo spanspek geëet het wat met die listeria-bakterie besmet was.
Ramaphosa gesels met Moody’s
Volgens die presidensie het Ramaphosa tydens dié gesprek herhaal dat grondhervorming binne ʼn wetlike raamwerk gedoen sal word wat nie ekonomiese groei raak nie.
Twaalf organisasies sê reeds nee vir grondonteiening
“Ons praat nie nou hier van ʼn blote herverdeling van grond nie, maar van ʼn nasionalisering van alle land.”
Nuuskommentaar: Staatskaping – uiteindelik die kommissie
Bitter baie is op die spel met die ondersoek na staatskaping wat nou aan die gang begin kom. Dit handel egter nie net oor die herwinning van miljarde rande wat saam “gekaap” is nie, of die vervolging van skuldiges nie, maar oor die herstel van die beginsel van natuurlike geregtigheid in ons regspraak.
Staatskaping: Dié mense gaan dit ondersoek
Die lede van die kommissie van ondersoek na staatskaping is bekend gemaak en dit is ʼn gedugte span.
Virsekerbeker 2018 ‘beter as ooit’
Virseker het die nuwe seisoen van die Virsekerbeker – die grootste skolerugbykompetisie vir Noordvaal-skole en oudste skoletoernooi in Suid-Afrika – afgeskop met selfs hoër hoogtes in die visier.
Vandag se sportnuus
Die tweede byeenkoms van die nuwe Grand Prix-atletiekreeks word vanaand by Tukkies se atletiekstadion in Pretoria aangebied en in Sewesrugby word die sesde been van die Wêreldreeks die naweek in Vancouver, Kanada, gespeel.
Vermiste tiener dood gevind; man vas
“Die verdagte is in hegtenis geneem en het die misdaadtoneel aan die polisie uitgewys. Die slagoffer se klere is ook gevind.”
Apleni slaan vure dood oor Gupta-familie
“Om die hele Gupta-familie in sy geheel te ontleed en op te som, het die departement gaan kyk na al die mense op die stelsel met die van Gupta. Ons het gevind daar is 39 mense wat nie burgerskap het nie, 13 wat wel burgerskap het, en 10 wat in Suid-Afrika gebore is. Dit gee ons ʼn totaal van 62.”
Minstens 5 mense met hondsdolheid gediagnoseer
Al die gevalle van hondsdolheid wat genoem is, was almal mense wat blootgestel is aan troetelhonde en -katte wat hondsdolheid gehad het.
Skoolhoof vas wat glo leerders verkrag
ʼn Skoolhoof van ʼn hoërskool in Mpumalanga sal Donderdag weer in die hof verskyn in verband met die beweerde verkragting van drie leerders by die skool.
Gedagte vir die dag: Vrouwees en opdragte gee
My broers en susters, julle moenie almal leermeesters wil word nie, want julle weet dat God ons wat leermeesters is, strenger as ander sal beoordeel. Ons maak almal baie foute. Maar ‘n mens wat sy tong in toom kan hou, kan dit ook met sy hele liggaam regkry. (Jakobus 3:1-2)