Die Maties se wedstryd teen die Madibaz is Maandagaand sowat sewe minute ná rustyd afgelas nadat studente van die Nelson Mandelabaai-universiteit stoele op die veld gegooi en geweld langs die veld uitgebreek het.
Lees meerAlles vir Maandag 12 Maart 2018
Gesondheidshoof word vervolg oor ambulanse
ʼn Saak is aanhangig gemaak teen die hoof van die departement van gesondheid in Noordwes, dr. Thabo Lekalakala.
NUM staak by Idwala Carbonates
Die National Union of Mineworkers (NUM) in KwaZulu-Natal het Maandag gesê sy lede het by Idwala Carbonates in Port Shepstone begin staak ná loononderhandelings vasgeval het.
Gigaba sal by Eskom-ondersoek getuig
Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, het bevestig dat hy Dinsdag voor die parlementêre ondersoek oor Eskom sal verskyn.
Oudpolisiekommissaris Phahlane se hofsaak uitgestel
Lt.genl. Khomotso Phahlane, voormalige waarnemende nasionale polisiekommissaris, het Maandag vlugtig saam met sy vrou Beauty en ʼn sakeman van Pretoria, Durandt Snyman, in die Pretoriase handelsmisdaadhof verskyn.
Franse modeontwerper De Givenchy oorlede
Die ontwerper het in die 1950’s en 1960’s klere ontwerp wat die aktrise Audrey Hepburn gedra het.
Drie weer vas ná Pollsmoor-ontsnapping
Drie van die ses verdagtes, wat Sondagaand uit Pollsmoor-gevangenis in Tokai in Kaapstad ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.
Nege vas oor rooftog by Kyalami-buiteklub
Nege persone is in hegtenis geneem in verband met ʼn rooftog Sondagaand by die Kyalami-buiteklub in Midrand.
ToekomsVenster: Hoeveel moet ek gee?
Here, baie dankie dat ek U ook met my offers kan dien.
Robbie Wessels: ‘ʼn Ewige balans tussen diep én laf wees’
Wessels vertel in ʼn onderhoud met Maroela Media onder meer oor die inspirasie agter die liedjie “Mphe Di Hoenor”.
Tshwane-metro sê hy reageer spoedig op grondgrype
“Nadat die onwettige strukture verwyder is, het die gemeenskapslede woedend gereageer en strate in die gebied afgesper. Die beamptes het rubberkoeëls gebruik om die oproerige skare uiteen te jaag.”
Die wêreld in foto’s – 12 Maart 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Foto’s: ʼn Fantasiewêreld vir sy kinders
John Wilhelm, ʼn fotograaf van Switserland, omskep gewone foto’s van sy kinders in die wonderlikste fantasiewêreld.
Maroela Media Afrikaanse Top-20: 12 Maart 2018
Wie neem dié week die nommer een-posisie in?
Talle sterf toe passasiervliegtuig neerstort
Volgens ʼn woordvoerder van die lughawe het die vliegtuig toestemming gehad om vanuit ʼn suidelike rigting op die aanloopbaan te land, maar het die vliegtuig om ʼn onbekende rede die aanloopbaan vanuit ʼn noordelike rigting genader.
Sakeraad wil namens VBS Bank ingryp
Die Black Business Council (BBC) het Maandag gesê hy het met kommer kennis geneem van die gebeure wat daartoe gelei het dat die beleërde VBS Mutual Bank (VBS) deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank onder kuratorskap geplaas is.
Afrikaanse fliek gekies vir buitelandse rolprentfees
Dié rolprentfees word tussen 5 en 15 April 2018 in die deelstaat Arizona gehou.
Twee wou glo Nelspruit-sakeman laat vermoor
Elsie Burger (41) en Johan Hendrik Robert Jacobs (55), inwoners van Nelspruit, het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat hulle vroeër op aanklag van sameswering om moord te pleeg in hegtenis geneem is.
Foto’s: Talle beseer toe brandblusser in bus ontplof
“Die wit poeierstof het die hele bus verswelg en tot paniek en chaos gelei.”
Varsgebekkig: Hoe moet ek haar eer?
Die Varsgebekkig- uitdrukking van die week is “hoe moet ek haar eer?”