“Tog blyk dit dat wettige privaat grondeienaars nie met dieselfde ywer beskerm word nie. Ons moet ons afvra of die politieke wil werklik daar is om wettige grondeienaars in Suid-Afrika te beskerm,”
Alles vir Maandag 12 Maart 2018
‘Transitorower’ vra borgtog
Polisie-handradio’s, sleutels, ʼn ongelisensieerde vuurwapen en kontant wat glo van die misdaadtoneel gesteel is, is in sy besit gevind.
Die Rabada- en De Villiers-vertoning maak dit een elk!
Die vierde dag van die tweede toets in Port Elizabeth het Maandag aan Suid-Afrika behoort.
FAK-sangbundel internasionaal bekendgestel
Die geleentheid het by die Lotto Arena plaasgevind.
Vonke gaan spat in parlement hierdie week
Die vonke gaan behoorlik spat in die parlement hierdie week, maar teen die einde van die week behoort daar veel groter duidelikheid oor verskeie kwessies te wees – veral oor die twee grootste huidige brandpunte, naamlik die grondkwessie en staatskaping.
DA gaan ANC en EFF beveg oor grondkwessie
Die DA-leier, Mmusi Maimane, het Maandagoggend belowe dat die DA op elke manier, met al sy kragte en tot in die laaste loopgraaf sal veg teen onteiening sonder vergoeding, omdat die voorgestelde ANC- en EFF-model sal beteken dat armes die reg ontneem word om ooit eiendom te besit.
Helpende Hand begin eerste kleuterskool
Dié skool is gestig vir kleuters wie se ouers dit nie kan bekostig om hulle na ʼn kleuterskool te stuur nie.
Ses ontsnap uit Pollsmoor
Een van die ontsnaptes was besig om 12 jaar tronkstraf vir poging tot moord uit te dien.
Hoërskoolmeisie hou glo klasmaats gyselaar
“Sy het die mes in haar hand gehad, goed in die klaskamer gebreek en geskree.”
Makwakwa-skorsing: Regstappe volg dalk oor verslae
Makwakwa is aanvanklik geskors hangende ʼn ondersoek na “verdagte en ongewone betalings” van altesaam R1,2 miljoen, wat tussen 2010 en 2016 in sy persoonlike rekening inbetaal is.
Kaapstad-fietswedren eis drie
Altesaam drie mense is in afsonderlike voorvalle Sondag tydens die gewilde Kaapstad-fietstoer (voorheen bekend as die Cape Argus-fietstoer) dood.
Hof ‘kan Bank of Baroda nie voorskryf nie’
Die hooggeregshof in Pretoria het Maandag ʼn dringende hofaansoek van die hand gewys wat deur 19 Gupta-maatskappye ingedien is om die hof te versoek om die Bank of Baroda te verplig om voort te gaan om dienste aan hulle te lewer.
Resep: Skelviskoekies
Viskoekies is lekker vir enige maaltyd. Hou dit koel en dit kan selfs vir ʼn kosblik werk!
Talle onwettige grondgrypgevalle in Gauteng
Die Tshwane- en Johannesburg-metropolisie moes die afgelope naweek bontstaan toe chaos op verskeie plekke in Gauteng losgebars het nadat plakkers onwettig grond begin beset het.
‘Bazoeka’-student skuldig aan haatspraak
Menziwa was ten tyde van die plasing ʼn lid van die EFF se jeugvleuel aan die Universiteit van Pretoria.
Man ure lank in graansilo vasgekeer
ʼn Man is in die hospitaal opgeneem ná hy etlike ure in ʼn graansilo in Winterton in KwaZulu-Natal vasgekeer was.
Foto’s: Vyf sterf toe helikopter in rivier val
“Dit was ʼn groot tragedie wat hom hier afgespeel het.”
Bejaarde, kind deur krokodille doodgemaak
ʼn Bejaarde vrou en ʼn negejarige seun is die afgelope naweek in twee afsonderlike voorvalle in Limpopo glo deur krokodille doodgebyt.
Wanneer spanmaats mekaar die dag timmer
ʼn Mens moet hare op jou tande hê wanneer jy teen Bismarck du Plessis speel, en nou kan een van sy Montpellier-spanmaats Mohamed Haouas dieselfde van die Springbokhaker getuig.
Fliekvlooi Floris se videoresensie: ‘Meerkat Maantuig’
Floris Groenewald het na die splinternuwe gesinsfliek Meerkat Maantuig gaan kyk. Kyk hier wat hy daarvan gedink het: