Dit is die wêreld se grootse musiekstromingsdiens en dien ’n gemeenskap van bykans 160 miljoen gebruikers.
Alles vir Dinsdag 13 Maart 2018
AfriForum begin ʼn landwye #Skoonwater-projek
Die burgerregte-waghond het met sy eie blou-en-groendruppelprojek in 2017 verseker dat bykans 10 miljoen mense se drinkwatergehalte volgens standaard is deur 156 dorpe se water te toets.
Uitdrukking: Met ʼn aalwynpil in jou kies loop
Taaltoffie ondersoek die betekenis van die uitdrukking “met ʼn aalwynpil in jou kies loop”
11 beamptes by Jhb-toetssentrums afgedank
Die werknemers het voertuie geregistreer vir fiktiewe individue en het boetes en verkeersboetes nietig verklaar.
Boek: Afrikaansgids
Die Pharos Afrikaansgids is ’n praktiese, alledaagse gids vir studente en ander taalgebruikers wat kopkrap oor taalsake, of wat soms hul eie praat- en skryfwerk wil verryk met ’n gepaste woord en uitdrukking.
Polisie red bejaarde van ontstoke hofbetogers
ʼn Bejaarde man wat die opspraakwekkende hofsaak bygewoon het van ʼn man wat daarvan beskuldig word dat hy sy ouers se huishulp verkrag en haar glo gedwing het om seksuele dade met sy hond te pleeg, is Dinsdag van ʼn groep ontstoke betogers buite die Bronkhorstspruit-landdroshof gered.
Gigaba: ‘Ek was nie betrokke by Gupta-transaksies’
Toe die bewysleier vir Gigaba vra wat hy meen die koste van staatskaping vir die Suid-Afrikaanse ekonomie was, het die minister gesê dit is ʼn bewese feit dat bewerings van korrupsie en wanbesteding ʼn direkte en vinnige impak op die ekonomie het.
Beskermingsbevel teen Steve Hofmeyr bekom
“Is ek trots omdat ek ʼn tyd wil huldig waar ons kinders en vroue minder verkrag is en ons plaasboere veiliger was? Absoluut.”
Vrou (23) kritiek ná fratsongeluk op dam
“Die woord ‘dankie’ voel piepklein. Ons waardeer die gemeenskap se ondersteuning so vreeslik baie. Al wat ons nou kan vra is gebede.”
Wanderlust: Hoofstuk 6
Die salige mens sit rustig en brei terwyl Swaertjie stoot laat dit bars tussen Greytown en Pietermaritzburg en die naald sit net so neffens 180. Meteens kyk Skoonma effens op en vra ewe rustig: “Kan die ou wa nie vinniger hol nie?”
Resep: Malvapoeding
Kom ons wees eerlik: ʼn warm en souserige malvapoeding het ʼn sagte plekkie in ons almal se harte (en mae).
Eskom se groenkragplanne gestuit
Die Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika (Numsa) en Transform RSA het Maandagaand ʼn dringende hofinterdik by die hooggeregshof in Pretoria bekom om Eskom te verhoed om kontrakte met 27 onafhanklike kragprodusente te sluit.
Video’s: ‘Transformasie’ lei tot chaos by Varsitybekerwedstryd
ʼn Rugbywedstryd tussen studente aan die Universiteit Stellenbosch en die Nelson Mandela-universiteit (NMU) moes Maandagaand in Port Elizabeth stopgesit word nadat geweld, skynbaar oor raskwotas, tydens die wedstryd uitgebreek het.
Fiona die seekoei kry dalk haar lewensmaat deur Twitter
“Jy is die mooiste seekoei wat ek nog ooit gesien het! Kan ons mekaar miskien eendag ontmoet en dalk kêrel en nooi word?”
China wys sy agenda met politieke inmenging in Australië
Australië se uitdagings is nie uniek nie. Talle Westerse lande is afhanklik van uitvoere na lande soos China, Indië en andere met vinniggroeiende bevolkings en gevolglik vinniggroeiende ekonomieë. Die botsing tussen ekonomiese belange en waardes en politieke stelsels wat nie versoen kan word nie, gaan eerder groter word in die komende jare.
Akteur se jenewer nou in SA beskikbaar
“Ek het al elke liewe jenewer in die wêreld beproef, en Aviation is ongetwyfeld die beste.”
Polisieman beroof wyl hy in wrak vasgekeer lê
Kapt. Deon Gerber van Port Elizabeth is Maandagoggend beroof terwyl hy in ʼn ernstige toestand steeds in die wrak van sy voertuig vasgekeer was nadat hy in ʼn trompop botsing teen ʼn ander voertuig betrokke was.
Plaaslike talent op die wêreldverhoog
2018 beloof om ʼn ongelooflike jaar vir die Binder-broers te wees. Brad se KTM het spoed, Darryn se KTM het homself al deeglik bewys, en met KTM wat hulle ontwikkeling op die MotoGP-fiets voortsit, is dit dalk nie lank voor ons een van die Binders in die topklas sien deelneem nie.
Nasionale droogteramp afgekondig
Die regering het die droogte tot ʼn nasionale ramp verklaar.
Mening: Oopkop benadering tot Varsitybekerreeks nou nodig
Dit sal darem ʼn kwade en hartseer dag vir Suid-Afrikaanse rugby, en sport in die algemeen, wees as die Varsitybekerreeks se voortbestaan in die gedrang is.