“[Dit was die] beste dag van ons lewe,” vertel Toks.
Alles vir Dinsdag 13 Maart 2018
Student sê jammer oor ‘bazoeka’-uitlating
“Ek vra onvoorwaardelik om verskoning en verstaan nou as leier kan ek nie sulke stellings of uitlatings maak wat die lewe van ander landsburgers in gedrang plaas of die nasie nog verder verdeel nie.”
Pollsmoor-ontsnapping: Familielede help vyf weer vastrek
Danksy speurwerk en die samewerking van familielede van die ses verdagtes wat Sondagaand uit die Pollsmoor-gevangenis in Tokai in Kaapstad ontsnap het, is vyf van hulle weer agter tralies.
2 kinders sterf, talle beseer in botsing
Paramedici het die liggame van twee kinders, vermoedelik tussen ses en agt jaar oud, op die toneel aangetref.
Alle oë op Mynbouhandves
“Sedert Zwane in 2015 die sektor oorgeneem het, het dit verskriklik gebloei. Ek dink Mantashe is bewus hiervan en wil die sektor nou op ʼn herstelpad kry.”
Kunstenaars gryp in om ouetehuis te help
ʼn Groep Suid-Afrikaanse kunstenaars vat eersdaags hande in ʼn poging om geld in te samel om ʼn ouetehuis in Mpumalanga se deure oop te hou.
Afrikaans op universiteit verongeluk nie nasiebou nie!
Afrikaanssprekendes moet eenvoudig mobiliseer en aandring op onderrig in Afrikaans. Hulle moet met hulle voete – en gevolglik met hulle geld en talente – stem as daar nie aan hulle eise voldoen word nie.
Boek: Die pasiënt as vennoot
In hierdie boek wys dr. Dawie hoe die pasiënt medeverantwoordelik is vir sy of haar eie gesondheid.
‘Bankrowers’ wat glo wag doodskiet in hof
Die drie is verlede week in Hazyview in hegtenis geneem ná hulle glo kitsbanke by ʼn Standard Bank-tak oopgeblaas het.
Polisie krap kop oor drie se ‘wrede’ moord
“Die moordenaars het hulle in die kattebak van hul voertuig ingeboender en na ʼn afgeleë gebied gery waar hulle geskiet en aan die brand gesteek is.”
Wie is die regte Ramaphosa?
Sal die regte Ramaphosa asseblief opstaan? Daar is te min tyd om tot met die verkiesing alles vir almal te wees en te hoop dat hy daarna die ekonomiese skade sal kan red.
Meisie (11) skenk meer as R100 000 aan hospitaal
Abriella Indigo Bredell (11) wou iets besonders vir haarself en die kinders van die Rooikruis-kinderhospitaal doen.
Verbruikersake: Jou regte oor gebruikte motors
Gewone mense koop maar gebruikte motors, maar dit gebeur gereeld dat jou nuwe gebruikte motor nie so ʼn goeie kopie is as wat jy gedink het nie. Dit is so dat mens soms maar iemand anders se probleme koop wanneer jy ʼn gebruikte motor aanskaf, maar jy het steeds regte volgens die Wet op Verbruikersbeskerming.
Vandag se sportnuus
Ná die sesde been van die Wêreldreeks in Vancouver is die Blitsbokke steeds voor op die punteleer nadat hulle derde geëindig het.
Ekonome optimisties oor land se groei
Die verrassing in Suid-Afrika se ekonomiese groeikoers in die vierde kwartaal van 2017, wat die BBP-syfer vir die jaar gerugsteun het, hou belangrike voordele vir die land in.
[Luister] ‘Ontdek jou lewensdoel’: Globale identiteitskrisis – Deel 2
“Elkeen van ons se gevoel van onsekerheid het ʼn ander oorsprong. Daar is sekere algemene faktore wat hiertoe bydrae, byvoorbeeld nasionaliteit, kulturele agtergrond, ouers, genetika, inkomste en nog meer.” In die episode gesels Frans oor die identiteitskrisis waarmee soveel mense worstel.
Listeriose-uitbreking: ‘Regering moet ook skuld aanvaar’
“Hy tree nou op asof sy departement onskuldig is deur voedselmaatskappye te laat straf en slagoffers se families met regsoptrede by te staan, terwyl hierdie krisis waarskynlik deur gebrekkige regeringsoptrede ontstaan het en beslis daardeur vererger is.”
Vrou gee geboorte in Jhb-winkelsentrum
Daar was glo nié genoeg tyd om met die vrou na ʼn hospitaal te jaag nie, en haar baba, ʼn gesonde babaseuntjie, is by die winkelsentrum gebore.
49 dood toe vliegtuig neerstort, in vlamme uitbars
Altesaam 40 van die oorledenes se liggame was binne die vliegtuigwrak vasgekeer, terwyl nog nege in die hospitaal dood is.
Skoolhoof wat glo 3 verkrag se bedanking nié aanvaar
Die beweerde verkragtings het glo verlede jaar en vroeër vandeesmaand gebeur. Die beweerde slagoffers is glo drie seuns tussen 17 en 19 jaar oud.