“ʼn Inwoner van Pretoria het die afgelope naweek ʼn 30 dae-uitsettingskennisgewing van die Gautengse departement van infrastruktuurontwikkeling ontvang.”
Lees meerAlles vir Woensdag 14 Maart 2018
Wettigheid van Zuma-regskoste se betaling bekyk
Die staat het reeds R15,3 miljoen aan oudpres. Jacob Zuma se regskoste bestee, maar die wettigheid van die ooreenkoms waarvolgens dit geskied sal opnuut bestudeer word, het pres. Cyril Ramaphosa onderneem.
Geldtwis kan Bulle se regruk verfomfaai
ʼn Geldtwis en bewerings van dreigende bankrotskap kan die Bulls en Blou Bulle se herstelplanne wat soveel belofte toon deurmekaar krap.
Bakkie langs hoofweg: ‘Man geskiet terwyl hy bestuur het’
“Die 45-jarige slagoffer is na bewering geskiet terwyl hy bestuur het. Hy het beheer oor sy bakkie verloor en dit het omgeslaan.”
‘Polisie moet grondbesetters arresteer’ – Ramaphosa
Die polisie moet mense wat grond onwettig beset, dadelik arresteer, sê pres. Cyril Ramaphosa.
SAID-adjunkkommissaris bedank
Jonas Makwakwa, hoof vir sake- en individuele belasting by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het bedank.
Pastoor vas wat meer as 230 km/h jaag
Die Gautengse verkeerspolisie het ʼn 51-jarige pastoor in hegtenis geneem wat glo teen meer as 230 km/h in sy Mercedes Benz S350 gejaag het.
Mans vas vir moord by Pta-supermark
Drie mans is Dinsdag tydens ʼn intelligensiegedrewe poging deur die polisie in Pretoria in hegtenis geneem in verband met ʼn moord en ʼn rooftog by ʼn plaaslike supermark verlede jaar.
ToekomsVenster: Geld in die huis
Here, ek besef dat U die enigste en ware bron van voorsiening is. Baie dankie dat U daagliks aan my brood voorsien. Help my ook deur die moeilike finansiële fases. Dankie dat ek ook ’n instrument in U hand kan wees om die koninkryk van God op aarde te vestig.
Twee gevonnis vir moord op Winnie Rust
ʼn Man en sy oom is Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis vir die moord op die bekende skrywer Winnie Rust (77).
Bobby en Karlien ‘gaan hul harte deel’
“Daar is wel goed wat ons bereid is om met mense te deel om hulle ʼn dieper idee te gee van wie ons is, soos byvoorbeeld dat ek en Karlien vir ʼn ruk in ons lewe in ʼn karavaan gebly het.”
Ses gevangenes ontsnap in Limpopo
Die Limpopo-polisie het ʼn soektog van stapel gestuur na ses verhoorafwagtende gevangenes, waarvan twee van moord verdink word, wat op twee afsonderlike voorvalle uit wettige aanhouding ontsnap het.
Help beproefde gesin ‘om deur die jaar te kom’
“Ek het ook party Saterdae ’n stalletjie waar ek lekkergoed verkoop, om ekstra geld in te samel.”
Tien universiteite dra by tot Afrikaanse debat
“Kom kyk. Kom luister. Kom sien die volgende geslag se leiers in aksie – leiers met ʼn wil, vonk in die hart, vuur op die tong en ʼn vars, toekomsgerigte agenda.”
Zwane daag nie op vir vrae oor staatskaping
Mosebenzi Zwane, voormalige minister van minerale hulpbronne, het Woensdag nie opgedaag om voor die parlement se portefeuljekomitee oor minerale hulpbronne vrae te beantwoord oor bewerings van staatskaping nie.
Lugredery gekap ná hond in bagasiekas vrek
Volgens ʼn ander passasier het ʼn lugwaardin daarop aangedring dat die hond in die oorhoofse bagasiekas van die vliegtuig geplaas word.
Dwelmlaboratorium in Pretoria oopgevlek
ʼn Beweerde dwelmlaboratorium is Woensdag in die weste van Pretoria oopgevlek.
Aus wil immigrasieproses versnel vir ‘wit SA boere’
Australië se minister van binnelandse sake meen wit Suid-Afrikaanse boere verdien “spesiale aandag” weens die “gruwelike omstandighede” waarin hulle hul bevind.
Die wêreld in foto’s – 14 Maart 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Student in hof ná hy tiener glo met naakfoto’s dreig
ʼn Mediese student aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 14-jarige seun met naakfoto’s probeer afpers het.