Die vakbond Solidariteit het gesê dat hy voortgaan met sy dispuut by die KVBA teen Sasol oor die uitsluiting van wit mense van sy nuwe bemagtigingskema, Khanyisa.
Alles vir Donderdag 15 Maart 2018
Polisiebeamptes in hof oor 2012 Marikana-skietery
Nege senior polisiebeamptes sal na verwagting Donderdag in die Rustenburgse landdroshof verskyn in verband met die skietery van mynwerkers in Marikana naby Rustenburg, Noordwes in 2012.
Grondhervorming: werklike bewyse nodig
’n Baie beter gedragslyn vir die minister en haar departement sou wees om ’n program te steun wat op sukses ingestel is: behoorlike projekontwerp, toereikende befondsing, behoorlike ondersteuning en die versterking eerder as die ondermyning van eiendomsregte. Dit sou aandag gee aan die werklike probleme rakende grondhervorming,
Trump en die komende handelsoorloë
Wat ook al gebeur met die komende handelsoorlog is onseker. Dalk sal Trump nuwe werk skep in die VSA, maar in die proses ander bedrywe soos die landbou skade aanrig. Sommige ekonome verwag ’n kleiner impak aangesien die meeste lande nie hul handel met die VSA wil skaad deur ’n handelsoorlog te begin nie.
Die feite oor apartheid, misdade teen die mensdom en die gebruik van die ou vlag
Daar is ’n nuwe tirannie in Suid-Afrika. Dit is ’n tirannie van politieke korrektheid, ʼn tirannie van verwronge politieke denke. Daar word vir ons voorgeskryf wat ons politieke denke moet wees en indien ons nie daaraan voldoen nie, word ons van bose sameswerings en onderdrukking beskuldig.
Gedagte vir die dag: Vroue is ongelooflik
Sy het vir haar meesteres gesê: “As Meneer net na die profeet in Samaria kan gaan, sal hy hom van sy melaatsheid gesond maak.”(2 Konings 5:3)