’n Geurige en kleurryke dis om jou week goed mee af te sluit!
Alles vir Vrydag 16 Maart 2018
Minstens 4 dood toe brug ineenstort
Die brug is Saterdag geïnstalleer onderwyl konstruksiewerkers nog besig was om daaraan te werk.
Tekenprent: Pasop vir die wolf van grondonteiening
Só beskou die tekenprentkunstenaar Jerm die ANC se gesprekke oor grondonteiening sonder vergoeding
Konstitusionele hof versag dwelmhandelaar se vonnis
Die konstitusionele hof het ʼn veroordeelde dwelmhandelaar se vonnis aangepas aangesien die staat nie die markwaarde van die dwelms kon bewys nie.
Colombië: Eerste verkiesing sedert vredesverdrag met FARC
In die onlangse parlementsverkiesing in Colombië het die regse Sentrum-Demokrate die grootste party geword met 19 setels in die senaat, en hulle leier, oud-president Alvaro Uribe, het verreweg die meeste stemme van enige kandidaat gekry.
Drie rekords spat by SA’s
Drie nasionale rekords het op dag een van die Suid-Afrikaanse Senior Atletiekkampioenskappe in Pretoria gespat.
Vandag se sportnuus
Die Suid-Afrikaanse Senior Atletiekkampioenskappe het gister begin. Op dag een het drie nasionale rekords gespat.
[Luister] ‘Ontdek jou lewensdoel’: Het ek ʼn keuse? – Deel 3
“Ek glo dat God aan ons ʼn vrye wil gegee het. Elkeen van ons is uniek geskape, met jou eie verstand, liggaam en siel. Hy het ons die vermoë gegee om ons eie keuses te maak, met of sonder sy leiding. Elke keuse het gevolge waarvoor jy self verantwoordelikheid moet aanvaar.” Só skryf Frans Cronjé in sy boek, Ontdek jou lewensdoel.
SA minister skop vas teen Aussies se stelling oor wit boere
Min. Lindiwe Sisulu het gesê ʼn politieke ingryping moet gedoen word nadat Peter Dutton, Australië se minister van binnelandse sake, gesê het sy departement stel ondersoek in na ʼn reeks maniere om wit Suid-Afrikaanse boere te help om vinnig na Australië te kan emigreer.
Polisie ondersoek kind se dood
Die Limpopo-polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn vyfjarige meisie dood by ʼn plaaslike skool aangetref is.
Duisende sê nee vir Engelse Pukke
Die Solidariteit Beweging het in die afgelope 48 uur reeds bykans 21 000 kommentare gekry uit die Afrikaanse gemeenskap wat teen die Noordwes-Universiteit (NWU) se planne is om sy taalbeleid op die Potchefstroom-kampus te verander.
Owerhede vra ‘kalmte’ ná skietdood op plaas
Suid-Afrika se nasionale polisiekommissaris het ʼn beroep op inwoners gedoen om kalm te bly ná die skietdood van ʼn 29-jarige man wat glo doodgeskiet is toe hy “visgevang” het op ʼn plaas.
Onteiening sonder vergoeding: Só sê TLU SA
“Ons is dit aan ons nageslag verskuldig om te help verhoed dat Suid-Afrika maar net nog ʼn falende land gaan word.”
Gedagte vir die dag: Die seën van gee
Die gelowiges van Antiogië het toe besluit dat elkeen van hulle na sy vermoë sou bydra tot ‘n hulpfonds wat vir hulle medegelowiges in Judea gestuur sou word. (Handelinge 11:29)