Pres. Cyril Ramaphosa het Sondag president Xi Jinping gelukgewens met sy herverkiesing vir die Volksrepubliek China.
Lees meerAlles vir Sondag 18 Maart 2018
Hof verwerp man se verweer dat hy leef
“Ek is amptelik dood, alhoewel ek leef. Ek het geen inkomste nie, en omdat ek as dood geregistreer is, kan ek niks doen nie.”
Amnestie vir agterstallige biblioteekboeke
Kaapstad en Ekurhuleni bied amnestie aan enigiemand met ʼn agterstallige biblioteekboek, om dit hierdie komende week terug te bring, as deel van die Suid-Afrikaanse Biblioteekweek.
Bejaarde branderplankryer sterf by Jeffreysbaai
ʼn 87-jarige branderplankryer is Sondagmiddag dood in die see by Jeffreysbaai in die Oos-Kaap.
Foto: Minki verwelkom pienk bondeltjie vreugde
“Baie welkom by ons, liefste klein engeltjie!” Só het Minki en haar man Ernst op Instagram hul dogtertjie verwelkom.
Medscheme herwin miljoene uit bedrog, vermorsing
Medscheme, Suid-Afrika se grootste bestuurder van mediese fondse, het R107 miljoen herwin uit vervalste eise en verkwisting en meer as R300 miljoen in verminderde eise deur forensies ondersoeke, het die maatskappy Sondag gesê.
Minstens 4 dood, honderde ontruim tydens brand in hotel
Minstens vier werknemers is dood en meer as 300 gaste ontruim toe ʼn brand Sondag in ʼn hotel- en casinokompleks in die Filippynse hoofstad uitgebreek het.
Verkiesing onderweg in Rusland
Kiesers in Rusland stem Sondag in ʼn verkiesing waarna pres. Wladimir Poetin hoogs waarskynlik weer as president aangewys sal word.
39-jarige verongeluk met motorfiets in Oos-Kaap
Quintus van Wyk (39) het Saterdagoggend gesterf tydens ʼn motorfietsongeluk op die R75 naby Despatch, in die rigting van Port Elizabeth.
‘Gee staatsgrond dadelik aan swart boere’
Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Saterdag gesê enige afskaffing van privaat eiendomsregte sal Suid-Afrika se ekonomie ondermyn en tot groter armoede en werkloosheid lei.
R47 miljoen vir Esidimeni-arbitrasiekoste, sê DA
Die Gautengse regering het tot dusver R15,7 miljoen spandeer aan die Life Esidimeni-arbitrasieverhoor oor die afsterwe van meer as 140 psigiatriese pasiënte in Gauteng en sal na verwagting uiteindelik altesaam R47 miljoen spandeer.
Onaanvaarbaar dat publiek Zuma se regskoste moet betaal, sê Maimane
“As Jacob Zuma die regsproses wil misbruik om tronkstraf vry te spring, dan moet hy bereid wees om self daarvoor te betaal.”
Man jaag met motor deur Britse nagklub
ʼn Man is in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord nadat hy met sy motor in ʼn nagklub in die suide van Engeland ingejaag het. Verskeie mense is beseer, het die polisie Sondagoggend vroeg gesê.
Springbokbarometer: Die kwik styg net in die Kaap
Daar was in die naweek weer nie veel waaroor die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, opgewonde kon raak nie, maar eweneens is sy Engelse eweknie, Eddie Jones, in tamatiestraat.
‘Geen spesiale Australiese visums vir wit SA boere’
Australië het geen planne vir ʼn spesiale visum vir wit Suid-Afrikaanse boere wat geweld en vervolging wil ontvlug nie, het Julie Bishop, minister van buitelandse sake in dié land, Sondag gesê.
Zuma oorweeg om NVG se besluit oor vervolging te daag
Oudpres. Jacob Zuma oorweeg om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se besluit om hom te vervolg, te hersien, het sy prokureur Michael Hulley Saterdag gesê.
Spoedvrate laat die rekords spat!
Verskeie nasionale rekords het tydens vanjaar se Suid-Afrikaanse Senior Atletiekkampioenskappe in Pretoria in die slag gebly.
Boer weer in hof wat glo teen werker se huis vasry
Frik Muller van Herbertsdale buite Mosselbaai in die Wes-Kaap moet Dinsdag weer in die hof verskyn nadat hy glo opsetlik teen ʼn plaaswerker se huis vasgery het.
Gewese Witsie behaal 17 toetspunte vir Israel
ʼn Gewese speler van die Universiteit van die Witwatersrand het Saterdag al 17 Israel se punte teen Malta in Afdeling 1 Suid van die Rugby Europa-kampioenskap behaal.
Vernietigende Fidjiane behou Stille Oseaantitel
Fidji se Warriors was in ʼn vernietigende bui toe hulle Saterdag seker gemaak het dat hulle Wêreldrugby (WR) se Stille Oseaan-uitdaagtoernooi ʼn derde keer op die ry af wen.