ʼn Riller in elk van die vier wedstryde – en daar is steeds ʼn hele klompie permutasies wat die finale plekke in die uitspeel- en relegasiewedstryde in vanjaar se Varsitybekerreeks sal bepaal.
Lees meerAlles vir Maandag 19 Maart 2018
‘Huishulp-verkragting’: Hof hoor oor ‘verhouding’
Die 45-jarige man van Bronkhorstspruit wat daarvan beskuldig word dat hy sy ouers se huishulp verkrag en haar glo gedwing het om seksuele dade met sy honde te pleeg, het Maandag gesê hy en die beweerde slagoffer was in ʼn romantiese verhouding.
Raadslid hoor sy lot ná geweld by vergadering
Gamalihleli Maqula (28), die ANC-raadslid van die Nelson Mandelabaai-metro, is daarvan verdink dat hy Werner Senekal, die DA se hoofsweep van die raad, tydens ʼn skermutseling by ʼn raadsvergadering met ʼn skerp voorwerp in die rug gesteek het.
109 plaasaanvalle in minder as 100 dae
“Marteling met strykysters, blaasvlamme, gesmelte plastiek en kookwater duur dikwels vir ure tydens aanvalle voort.”
Dreigemente ontvang voor taxi-staking
“As gevolg van die verwagte protesaksie wil die metro inwoners in kennis stel dat sy busdienste as voorsorgmaatreël opgeskort sal word nadat dreigemente van geweld ontvang is.”
Pta-bejaarde sterf ná aanval in huis
“Hy het nie aan natuurlike oorsake gesterf nie, maar is gruwelik vermoor in sy eie huis. Nie op ʼn plaas of klein dorpie nie maar in Garsfontein, in die middel van Pretoria.”
Driekuns, 12-tal en nóg vir Jersey se SA ysters
Suid-Afrikaners het onder meer ʼn driekuns en ʼn twaalftal punte in die Jersey Reds se sege van 52-19 oor London Scottish in die jongste ronde van die Engelse Kampioenskap op die telbord geplaas.
ToekomsVenster: Waar was jy?
Moenie God verwyt nie. Hy is soewerein en omvangryk in sy genade. Vertrou Hom dat Hy ook te midde van jou seer nie afwesig is nie. Hy het belowe, Ek sal jou nooit begewe en nooit verlaat nie.
Losskakel uit SA beduiwel RWB-droom
Die Swarte Duiwels van België se Suid-Afrikaans-gebore losskakel het Sondag die Spaanse Leeus se droom om aanstaande jaar Wêreldbekerrugby te speel ietwat beduiwel.
DA-onderstrominge blyk uit leierskapbenoemings
Die onderstrominge en magsewewig binne die DA het duidelik geblyk toe die benoemings vir die party se leiersposisies vanoggend aangekondig is.
Wen: Dan Patlansky in die Rockwood-teater
Twee gelukkige lesers staan elkeen die kans om ʼn dubbelkaartjie te wen na die bekendstelling van Dan Patlansky se splinternuwe album, Perfection Kills, in die Rockwood-teater in Pretoria.
‘Afrikaanse onderrig sneuwel voor transformasiegode’
“Die laaste universiteit wat uitstekende gehalte onderrig en ʼn studentelewe gebied het sal dan voor die transformasiegode van die regering sneuwel. Dit is eintlik ʼn oortreding van die artikel 29(a) van die grondwet en bruin en wit studente is die persone wat hierdeur benadeel word.”
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 19 Maart 2018
Wie is dié week in die no. 1-posisie?
Miljoene se vergoeding vir Esidimeni-slagoffers
Hy het die NRO’s waarna pasiënte oorgeplaas is as “persele van dood en marteling” beskryf.
Die wêreld in foto’s – 19 Maart 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Weldoener waag lewe om man te red
“ʼn Mens dink nie daaraan dat jy nou heldhaftig gaan wees nie. Wanneer jy iemand om hulp hoor skree is dit maar instink wat inskop. Dán dink jy aan niks anders as om die ander persoon te probeer help nie.”
Coligny-moordsaak: Twee se verhoor begin
Die twee mans van Coligny in Noordwes wat aangekla word van die moord op ʼn tienerseun van dié dorp, het Maandag in die Noordwes-hooggeregshof in Mahikeng verskyn.
Ma kom op seun (12) af wat eie lewe neem
“Nathan was nog die dag skool toe. Hy het by die huis gekom, sy ma gegroet en nog iets geëet.”
Hof sê oor Guptas se straler
Die maatskappy het versoek dat die straler opgespoor en op ʼn veilige plek geberg word waar dit nie gebruik kan word in die pleeg van ʼn misdaad nie.
Boek: Bet-El
Die oorlog dreig terwyl Mispa en Elim se mense ook die hart se stryd moet besleg.