ʼn Plaasvervanger-stut van die Bulls is drie weke lank geskors na ʼn gevaarlike duikslag in Vrydag se Superrugby-wedstryd teen die Chiefs in Hamilton, Nieu-Seeland.
Alles vir Maandag 19 Maart 2018
DA ‘gereed om nasionaal te regeer’
“Die nominasieproses is die eerste stap om ʼn leierskap te verkies wat die party sal lei deur die veldtogtydperk in aanloop tot 2019 en daarna.”
Oom Herrie se kerrie: Die katte
So elke nou en dan is dit sulke tyd – dan breek daar ’n onaardse geskree in die nag by ta’ Hess se hoenderhok uit …
Beleërde Blou Bulle-president bedank
Die beleërde president van die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) het luidens berigte uit sy pos by die bond bedank.
Suzuki DL 1000 XT: Reg om jou avontuur te begin
Vandat Charley Boorman en Ewan McGregor om die wêreld gery het met die BMW 1150 GS, het almal saam met die stroom gegaan en begin “avontuur”-fietse maak. Maar hoe definieer jy “avontuur”?
Varsgebekkig: Nie sag kook nie
Die Varsgebekkig- uitdrukking van die week is “nie sag kook nie”
Nuuskommentaar: ‘Ons sal maak nes ons lus kry!’
Suid-Afrika maak droog, en die land gaan trap Australië uit. Maar in die proses het Lindiwe haar hand met oorgawe oorspeel en Suid-Afrika gaan die wrang vrugte pluk.
Rugbyspelers kort rus, en sommer baie ook
Die gewese Springbokafrigter Nick Mallett het die sentrale kontraktering van spelers al byna 20 jaar gelede bepleit, maar die Suid-Afrikaanse rugbybase wou nie luister nie.
‘Transitorowers’ se planne gefnuik
Skote het die afgelope naweek geklap toe wetstoepassingsbeamptes ʼn groep gewapende rowers wat vermoedelik op pad was om ʼn transitorooftog uit te voer in hul spore gestuit het.
Polisie ondersoek steeds skokvideo van hond
“Ons sal alles in ons vermoë doen om te verseker dat daar op die korrekte wyse met die oortreder(s) omgegaan word.”
Vandag se sportnuus
Verskeie nasionale rekords het die naweek by die Suid-Afrikaanse Senior Atletiekkampioenskappe in Pretoria in die slag gebly.
Probleme by SABS ʼn risiko vir almal, sê DA
“As daar een ding is waaroor ons seker is, is dat chaos en wanorde die enigste standaard is waarteen die SABS gemeet word.”
De Lille se dissiplinêre verhoor begin vandeesweek
“Die oorgrote hoeveelheid van die aanklagte hou verband met bewerings van hoogs tegniese oortredings waarby ek glad nie betrek word nie, buiten dat as die ‘baas’ van die stad, moet ek aanspreeklik gehou word.”
AfriForum in hof oor Afrikaans by Unisa
Hierdie beleid bepaal dat Engels die primêre onderrigtaal aan dié instelling is, wat die uitfasering van Afrikaans sal beteken.
Poetin aanvaar oorwinning in Rusland-verkiesing
Van die Noordpool tot die Internasionale Ruimtestasie het persone hul ondersteuning vir Poetin gewys. Sy verkiesingstermyn strek tot 2024.
Gedagte vir die dag: Regverdige mense haat leuens
Regverdige mense haat leuens. Goddelose mense bring skade en skande oor hulleself. (Spreuke 13:5)