Vyftigtalle het die afgelope ronde in die Noordelike Superliga en die Blou Bulle se Carltonliga gekenmerk.
Lees meerAlles vir Woensdag 21 Maart 2018
Libiese weermag val aan ná waarskuwing aan buitelanders
Die weermag het “buitelanders” en “Afrikane” ʼn tydperk van 10 dae gegee om dié land in Noord-Afrika te verlaat.
Grondonteiening: Grondwet hoef nié te verander
“Die minister is nuut in haar pos en sy sal vind dat dit onnodig is om grond te onteien, aangesien die staat reeds meer as 4 000 plase in sy besit het wat hy kan gebruik om swart boere te vestig.”
Twee beseer in nóg ʼn skoolskietery; aanvaller sterf
Die aanvaller het enkele minute voordat die klasse veronderstel was om te begin, die skool binnegestap en daarna ʼn 16-jarige meisie en ʼn 14-jarige seun geskiet.
SA onderteken verdrag wat lei tot vryehandelooreenkoms
Pres. Cyril Ramaphosa was Woensdag een van meer as 40 Afrika-staatshoofde om die Kigali-verdrag te onderteken wat gaan lei tot vrye handel tussen Afrikalande.
ToekomsVenster: Wie het vir jou gesê?
Ek wonder of jy ook vandag die stem van die Here hoor. Hoe het jy te wete gekom dat jy kaal is? Het jy van die vrug geëet waarvan ek jou uitdruklik beveel het om dit nie te doen nie? Wat bied jy as verontskuldiging aan?
DA se nuwe beleidshoof sit planne uiteen
“Die sleutelvraag wat ons as die DA sal moet beantwoord oor byna alle beleidsaspekte is wat ons verstaan onder bemagtiging, wanneer bemagtiging bereik word en hoe dit bereik word.”
Toergids val in Drakensberg; bring nag op berg deur
Die 28-jarige toergids het Dinsdagaand alleen in die Drakensberg deurgebring nadat hy ʼn besering opgedoen het. Nooddienste is Woensdagoggend na die toneel ontbied.
Ontvoerde kinders eers ná DNS-toetse begrawe
Die twee kinders is vroeër vanjaar in die vroeë oggendure by ʼn huis buite Witbank ontvoer.
Vrou dood ná selfaangedrewe motor haar tref
“Ons harte gaan uit na die familie van die slagoffer. Ons gee ons volle samewerking aan die plaaslike owerhede met hul ondersoek na die voorval.”
Man sit lank vir verkragting van seun (7)
Die 33-jarige man het die 7-jarige in sy huis oorval en hom toe verkrag.
Ramaphosa stel een geldeenheid vir Afrikalande voor
Ramaphosa het gesê hy is veral geïnteresseerd in die idee van ʼn enkele homogene geldeenheid vir Afrikalande en bygevoeg dat die huidige manier van doen uit ʼn “koloniale mentaliteit” gebore is.
Dink weer oor wysheid van Cheetahs in Pro14
Dalk moet daar maar weer gedink word oor die wysheid of nie van Suid-Afrikaanse spanne wat aan Europese ligas deelneem.
Koste van Irak-oorlog moeilik geregverdig
Saddam Hoesein was ’n diktator wat baie mense in Irak onderdruk het. Dit is egter moeilik om te motiveer hoe die chaos, lewensverlies en koste van die afgelope 15 jaar se gebeure in Irak geregverdig kan word.
Een van die oudste Springbokke oorlede
Dis darem ʼn skande dat oud-Springbokrugbyspelers nie meer in hul die eie land geëer word nie, of só kom dit altans voor.
Só gaan ondersoek na onteiening werk
Suid-Afrikaners in al nege provinsies van die land gaan betrek word. Só gaan die ondersoek na onteiening werk.
eNCA: Malema se bewerings nié feitelik of akkuraat
Mapi Mhlangu, eNCA-hoofredakteur, sê Malema se bewerings strook nie met die maatskappy se kernwaardes nie. Dit kom nadat die EFF-leier op sosiale media na die uitsaaier gekap het.
Gedig: Dialoog
“ek wil boer met woorde, my kultivars self teel, hektaar vir hektaar met elke leser deel …”
‘Wêreld moet kennis neem van slagting onder SA boere’
Dit kom nadat ʼn plaasbestuurder en sy vrou vasgebind is, die man vermoor is en die vrou glo verkrag is.
Groep eis dat Noordwes-premier se kop rol
“Ons het nie vir die ANC gestem om deur Supra onderdruk te word nie. As hy weier om te bedank, moet pres. Cyril Ramaphosa hom summier afdank. Ons het genoeg gehad van hom. [Sy] dae is getel.”