Kagiso Rabada se appèl teen sy skorsing het geslaag en hy is beskikbaar om op Nuweland vir die Proteas te speel.
Alles vir Woensdag 21 Maart 2018
Nog ʼn ongeëerde profeet vat die pad
ʼn Profeet word nie in sy eie land geëer nie, veral nie as hy ʼn Springbok-rugbyafrigter is nie, en moet hy dikwels maar ʼn vreemde mantel omhang.
Man (20) vermoor glo broer se klasmaat (14)
Volgens die polisie het die beskuldigde se 15-jarige broer en die oorledene glo ʼn argument op die skoolterrein gehad. Die 15-jarige het sy broer ná die argument na die skool ontbied.
Nuuskommentaar: MRK het nie snars van ’n idee van wat menseregte is nie
Die ANC was lank gewoond daaraan om by verstek die morele hoë grond oor menseregte te betrek. Noudat die skoen na die ander voet skuif, hoofsaaklik weens beplande grondonteiening, weet die ANC kennelik nie hoe om op te tree nie.
Grondslagfase: Die fundamentele boublok vir leerderprestasie
In graad R moet daar ernstig gespeel word, terwyl die boustene vir huistaal en wiskunde goed vasgelê moet word in graad 1 tot 3 vir leerders om in hulle akademiese loopbaan te presteer.
Die Suid-Afrikaanse regering se onderrok hang uit …
Minister Sisuslu kan haar vingers op die Australiese hoë kommissariaat en AfriForum probeer hou, maar sy gaan vind dat sy, soos die Nederlandse seuntjie wat die lekkende dyk probeer red het, meer en meer vingers gaan benodig om al die lekkasies by te kom.
Gedagte vir die dag: Ons moet mekaar liefhê
Geliefdes, laat ons mekaar aanhou liefhê, want volmaakte liefde is van God afkomstig. Elkeen wat só liefhet, is uit God gebore en ken God persoonlik. (1 Johannes 4:7)