Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag die rasionaal verduidelik agter die staat se instemming om voormalige pres. Jacob Zuma se regskoste te dek in sy lang stryd om te verhoed dat korrupsie-aanklagte weer teen hom ingestel word.
Lees meerAlles vir Donderdag 22 Maart 2018
Foto’s: Jhb-nooddienste gereed vir oorstromings
Intussen is verskeie foto’s Donderdag op sosiale media gedeel van plekke in Gauteng wat reeds oorspoel het, asook swaar reënval op ander plekke in die land.
SA swaai die septer tot Cummins toeslaan
Die Derde Kriekettoets tussen Suid-Afrika en Australië het vandag op Nuweland in Kaapstad begin. Die Proteas het die eerste twee sessies oorheers, maar die derde skof het aan die Aussies behoort.
Grondkwessie in kollig tydens wetgewer-debat
“Ons weet van die ANC-leiers wat kom asof hulle eer betoon aan die koning in sy paleis en vir hom beeste as geskenke bring, maar terselfdertyd beraam hulle planne om grond by sy Majesteit oor te neem.”
Rekord wink vir gewese Springbok-kaptein
Die gewese Springbok-kaptein Adriaan Strauss staan op die punt om ’n uitsonderlike baken in sy rugbyloopbaan te bereik.
Polisie soek dié man ná Levubu-plaasmoord
Volgens die polisie kan die verdagte moontlik met nóg plaasmoorde in dieselfde gebied verbind word.
Orkney-moord: ‘Dit was nie haar tyd om te gaan’
“Ek dink my ma sou gelewe het tot sy 100 jaar oud was. Haar lewe is by haar gesteel.”
Blou Bulle kry tussentydse president
Die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) het ʼn tussentydse president aangewys om Gert Wessels, wat bedank het, se plek vol te staan.
ToekomsVenster: Waar is jou broer?
Het jy iewers die verantwoordelikheid wat jy instinktief aangevoel het verwaarloos en jou broer iewers langs die pad verloor, selfs wreed weggestoot en vervreem?
Coligny-moordsaak: Verdediging kap terug oor toneel
Die verdediging in die saak teen twee mans van Coligny in Noordwes wat aangekla word van die moord op ʼn tienerseun van dié dorp, het Donderdag in die provinsiale hooggeregshof aangevoer dit was nooit nodig vir die twee beskuldigdes om terug te keer na die toneel toe nie en dat hulle daarom nie teruggegaan het nie.
Onreëlmatighede ontbloot ná huise ineenstort
Maroela Media het vroeër berig die storm het die lewe van twee mense geëis.
Kleuter ‘deur hel’ ná staalhek op hom val
“Daai hek is baie swaar en ek sal dit nie vandag kan optel nie. Ek kan dit eintlik nie verduidelik nie, maar die Here het my krag gegee om dit bo my kop op te tel.”
Slangbyt-slagoffers word maats in hospitaal
Die vyfjarige Dawid du Plessis en die agtjarige Johan Emmenes van Limpopo se soortgelyke verhale van hoop inspireer talle: Albei seuns is deur ʼn Mosambiekse spoegkobra gepik terwyl hulle lê en slaap het, albei se lewens was in groot gevaar en albei seuns is nou saam op die herstelpad.
Groot kanonne ontplooi vir komitee oor grond
Verskeie groot kanonne is deur politieke partye ontplooi op die grondwetlike hersieningskomitee, wat moet besluit oor die moontlike instelling van onteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika.
Verbruikersake: Pyne met huise
Ina Opperman vertel hoe jy jouself kan beskerm teen ʼn gewetenlose huisbouer.
Onwettige strukture in Kempton Park staan steeds
Onwettige strukture is steeds opgerig op private grond in Glen Marais in Kempton Park ná onwettige plakkers die afgelope naweek daar toegesak het.
De Lille-verhoor moet van voor af begin
Die Kaapse burgemeester word van wangedrag en verskeie oortredings van die DA se grondwet aangekla. Sy ontken skuld.
Cheetahs in die Pro14-pylvak teen die Dragons
Sewe wegwedstryde verloor en net twee, waarvan een teen die Kings in Port Elizabeth, gewen.
Wes-Kaapse boer hoor oor borgtog
Frik Muller, ʼn boer van Herbertsdale buite Mosselbaai in die Wes-Kaap, word onder meer van poging tot moord aangekla nadat hy na bewering met ʼn trekker teen ʼn voormalige plaaswerker se huis vasgery het.
Man (57) op plaas doodgeskiet
“Ek het gehoor hoe hy roggel. Toe hou die roggel op en ek voel hoe hy ophou asemhaal. Toe weet ek hy is dood.”