Swaar reënval oor Gauteng het Vrydag tot wydverspreide kragonderbrekings in Pretoria, Johannesburg en omliggende informele nedersettings gelei.
Alles vir Vrydag 23 Maart 2018
Superrugby: Bulls, as dit reën dan hol jy mos nie!
Daar is sekere dae dat jy hardlooprugby kan speel, maar daar is ander dae waar jy maar eerder op direkte rugby moet terugval.
Baba sterf toe voertuie bots
“ʼn Babadogtertjie, vermoedelik een jaar oud, is ook in die motor gevind, maar daar was niks wat vir haar gedoen kon word nie en sy is op die toneel dood verklaar.”
Boek: Donderweer Gedagtes
Dit bestaan uit ʼn reeks briewe, wat gerig is aan onder andere God en ook aan homself.
ʼn Meestersgraad cum laude op 74
Ouderdom is net ʼn syfer en beteken weinig wanneer ʼn mens op soek is na ʼn tydverdryf om jou mee besig te hou.
JacarandaFM se waterprojek wil Kaapstad help
JacarandaFM sal eersdaags poog om die Loftus Versveld-stadion in Pretoria tot kapasiteit te vul tydens die Superrugby-kragmeting tussen die Vodacom Blue Bulls en die DHL Stormers op 31 Maart.
Foto’s: Optog in België teen plaasmoorde
ʼn Optog teen plaasmoorde in Suid-Afrika is Donderdagaand in Gent in België gehou.
Man pleit dalk ná moord op Kaapstad-tiener
Die 50-jarige man wat verdink word van die verkragting en moord op René Roman (13) van Lavender Hill in Kaapstad, verskyn na verwagting Vrydag weer in die stad se hooggeregshof.
[Luister] ‘Ontdek jou lewensdoel’: Bestaan God werklik? – Deel 5
“Ek het baie vriende wat nie in ʼn God glo nie, en nog vele meer wat ander godsdienstige oortuigings het.” Só skryf Frans Cronjé in sy boek, Ontdek jou lewensdoel.
Woord: allemansvriend
Taaltoffie ondersoek die woord “allemansvriend”
Roedtan-plaasaanval: Man 8 keer met mes gesteek
Die twee aanvallers wat Donderdagaand ʼn man op ʼn plaas in die Roedtan-omgewing in Limpopo oorval en verskeie kere met ʼn mes gesteek het, kon daarin slaag om te ontsnap nadat swaar reën die soektog na hulle bemoeilik het.
SA soldate van seksuele wangedrag beskuldig
“Toe die bewerings aan die lig gekom het, het die weermag vinnig opgetree en sy regsbeamptes en ondersoekspan na die gebied gestuur om die situasie doeltreffend te hanteer.”
Verswakte Engelse toerspan dalk na Suid-Afrika
Dis hoogs waarskynlik dat Eddie Jones in Junie ʼn verswakte Engelse toerspan na Suid-Afrika sal bring in wat egter as ʼn onderliggende waarskuwing vir die plaaslike rugbybase moet dien.
Tekenprent: Australië reik uit na boere in SA
Só beskou die tekenprentkunstenaar Jerm Australië se aankondiging dat hy visums makliker beskikbaar wil stel aan wit Suid-Afrikaanse boere sodat hulle in dié land kan gaan boer.
Foto’s en video: Reën veroorsaak chaos in Gauteng
Aanhoudende reënval in Gauteng het Vrydag kitsvloede op plekke in Johannesburg en Pretoria veroorsaak.
Vandag se sportnuus
Twee wedstryde in die Superrugby-reeks word vandag gespeel. Adriaan Strauss sal in sy 148ste Superwedstryd speel wat Victor Matfield se rekord ewenaar.
Coligny-moordsaak: ‘Hulle het geskok gelyk’
Modisane het in die hof getuig hy het Schutte gebel om hom in te lig dat die tienerseun gesterf het. Volgens Modisane het Schutte die telefoon neergesit toe hy hoor die seun is dood.
R433 miljoen vir droogteverligting bewillig
Zweli Mkhize, minister vir samewerkende regering en tradisionele sake, het Donderdag aangekondig net meer as R433 miljoen sal beskikbaar gestel word vir onmiddellike rampverligting in die drie provinsies wat die ergste deur die droogte geraak is.
Man wat glo huishulp verkrag ‘nie ʼn rassis’
Die 45-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy sy ouers se huishulp verkrag en haar glo gedwing het om seksuele dade met sy hond te pleeg, is Donderdag borgtog in die Bronkhorstspruit-landdroshof geweier.
Nóg ʼn plaasaanval in Limpopo
“Die slagoffer kon daarin slaag om homself los te wikkel en het terugbaklei en hy is verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek.”