Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het sy eerste stap geneem om van die kandidate vir die Bokspan met die nuwe afrigtingstrukture vertroud te maak.
Lees meerAlles vir Dinsdag 27 Maart 2018
SA’ners gewaarsku oor malaria tydens Paasnaweek
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het Dinsdag gewaarsku dat malariagevalle na verwagting sal toeneem, as gevolg van reis tydens Paasnaweek.
Instituut bevraagteken regering se grondoudit
Die Suid-Afrikaanse instituut vir Rassebetrekkinge (SAIRR) het Dinsdag gesê die regering se oudit oor grondeienaarskap is “ʼn baie twyfelagtige bron van inligting en misleidend”.
Eskom-ondersoek gaan Gupta-broers dagvaar
Die komitee ondersoek bewerings van wanbestuur en korrupsie by Eskom sedert verlede jaar.
Tuinier bely besonderhede oor vrou se moord
ʼn 32-jarige man is Dinsdag gevonnis in verband met die moord op Isabella Kruger.
Coligny-moordsaak: Geen bloed in voertuig
Daar is nie enige bloed aangetref in ʼn voertuig wat na bewering gebruik is toe ʼn tiener, Matlhomola Mosweu, in Coligny dood is nie, het die Noordwes-hooggeregshof Dinsdag gehoor.
Oom gevonnis oor kinders se grusame moord
ʼn 32-jarige man is in die Pietermaritzburg-hooggeregshof gevonnis in verband met die grusame moord op vier van sy suster se kinders.
ToekomsVenster: Is enige iets te moeilik vir die Here?
Is jy ook al verby die punt van glo en vertrou? Gee God ʼn geleentheid. Moenie op Hom opgee nie. Hy is groter as enige menslike beperking.
Plaasaanval-slagoffer vertel van angsnag
“Sy sê sy het in ʼn stadium nadat hulle haar gedreig het dat hulle haar bene met ʼn hoeksnyer gaan afsny begin bid en gesê: ‘Father, I know I have to die sometime, but I didn’t know it would be like this. Please hold my hand.’”
Man was op parool tydens moord op Orkney-bejaarde
“Ons taakspan van ses lede, onder leiding van kapt. Montshiwa, het sedert die moord onverpoosd gewerk om die verdagte op te spoor en te verseker ons bewyse is op die hoë standaard wat van ons howe verwag word.”
Skok, afgryse oor 64 wat sterf in brand by winkelsentrum
“Ek het so baie rook ingeasem dat ek op die randjie van flou word was. My dogter het my bly bel en bel. Ek kon net skree dat sy uit die teater moes probeer ontsnap, maar daar was niks wat ek kon doen nie – die vlamme was reg voor my.”
Twee vas ná moord op plaasvoorman
Twee verdagtes is oor die naweek in hegtenis geneem in verband met die aanval op ʼn plaas in die Tom Burke-omgewing in Limpopo waartydens ʼn man doodgeskiet en twee mense gewond is.
Foto’s: Liefde blom steeds vir ‘Boer soek ʼn vrou’-egpaar
“Sy is ongelooflik oulik. Sy is die vriendelikste baba en weet presies hoe om ons om haar pinkie te draai. As sy opgetel wil word, wil sy nóú opgetel word en nié later nie.”
Die wêreld in foto’s – 27 Maart 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
DOV sal besluit of Blou Bul-speler vervolg word
Die verdediging het aangevoer hulle is in besit van ʼn stemopname waar die vrou se stem gehoor kan word waar sy sê sy het self uit die voertuig geklim en huis toe gestap. Sy noem glad nie op hierdie opname dat sy deur die beskuldigde gesleep is nie.
‘Danny Jordaan moet bedank’
Ferguson het verlede jaar Oktober beweer dat Jordaan haar 25 jaar gelede in ʼn hotelkamer in Nelson Mandelabaai verkrag het.
Afrikaanse kortfilm op pad na Cannes-fliekfees
Die fliek, wat in September verlede jaar tydens die 48 Hour Film-fliekprojek in Kaapstad verfilm is, is deur die Kaapse produksiemaatskappy Wyrd Films geskryf en vervaardig.
Skuldobsessie kan Weste kelder
Die Westerse beskawing verkeer in sy grootste bestaanskrisis sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog. Selfs tydens die donkerste dae van die oorlog, was daar dalk selfs meer rede om steeds in die voortbestaan van die Weste te glo, as wat vandag die geval is.
Sassa-toue kronkel ál langer
ʼn Sassa-werknemer se aansoeke om toelaes styg weens werkloosheid en daar is kommer oor die uitwerking van die hoër BTW op armes.
Jooste weier om voor ondersoekkomitees te verskyn
Markus Jooste, die voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff International, het Dinsdag geweier om voor die parlementêre komitees te verskyn wat die rekeningkundige onreëlmatighede by die maatskappy ondersoek, aangesien hy volgens sy prokureurs “waarskynlik vervolg gaan word”.