Minstens twee hekke na die Krugerwildtuin was Dinsdag ontoeganklik weens mense wat teen swak dienslewering betoog op paaie wat na die wildtuin lei.
Alles vir Dinsdag 27 Maart 2018
Hermanus-betogings: Nog polisiebeamptes ontplooi
ʼn Satellietpolisiestasie in die dorp is Maandag aan die brand gesteek, drie polisievoertuie is beskadig, talle winkels is geplunder en ander geboue is ook beskadig.
Chris Chameleon: Wanneer ongewone nuus gewoon word
… met die wete dat ʼn week se agterstalligheid tydens die komende week se dolle vaart addisionele druk gaan wek, word die fone een vir een aangeskakel. Data stroom na ons palms, nuus van oral bereik ons en die werklikheid van die alledaagse gryp ons aan die kraag en sleep ons uit ons idilliese droomwêreld.
Voëltjie fluit Siya Kolisi is nuwe Bokkaptein
Moenie verbaas wees as die nuwe Springbokafrigter, Rassie Erasmus, die Stormers se Siya Kolisi as sy nuwe Springbokkaptein aanwys nie.
KZN-vrou in gesig, rug geskiet
Die vrou is op die toneel deur paramedici gestabiliseer en in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal gehaas.
Duisende rande se dwelms in toilet versteek
“Die bestuurder het die man genader en wou onder meer weet hoekom hy geen weddenskappe plaas nie en wat in die plastieksak was.”
Resep: Taai toffiepoeding met vye
Onthou hierdie resep en maak hom vir die langnaweek!
Nuuskommentaar: Gaan Ramaphosa chaos kan keer?
Op die gevaar af dat ’n weifelende pres. Cyril Ramaphosa se kleitrappery oor konflik tot rollende massa-aksie oor grondgryping kan lei, moet hy boonop graderingsagentskappe paai en ’n algemene klimaat vir ekonomiese groei skep. Intussen lyk dit nie of oudpres. Jacob Zuma dit goed opneem dat die ANC se NUK nie die party se formele steun aan hom vir sy hofsaak wou toesê nie.
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 27 Maart 2018
Robbie Wessels & Bok van Blerk se duet “Die Sluise van die hemel”, Appel se liedjie “Boer loop deur my are” en Steve Hofmeyr se liedjie “Redgebed” is steeds onder die top-5 aflaaisarsies dié week.
80-jarige skryf unieke boek oor Afrikaanse idiome
Die boek is vol idiome en het geen kommas, punte of leestekens nie.
Vandag se sportnuus
Die Indiese Premierliga-span, die Rajasthan Royals, het Steve Smith as kaptein van sy span vervang ná sy aandeel in die balpeuterskandaal in Kaapstad. Ajinkya Rahane sal die nuwe kaptein wees in die toernooi wat aanstaande maand begin.
‘Werk- en loonvooruitsigte in SA bly swak’
“Talle kwartale van groei sal nodig wees om die ekonomiese skade en stagnasie voortspruitend uit die Zuma-jare ongedaan te maak.”
Man val 14 verdiepings na sy dood
Die man het glo teenwigte van ʼn hysbak wat nie in werking was nie verwyder toe die voorval plaasgevind het.
Vrou dood in gru-ongeluk by myn
“Die vervoerband het haar uiteindelik in ʼn klipskroptoestel ingetrek waar haar liggaam later, vasgeknel tussen die klippe, met talle beserings aangetref is.”
Voltyds ma, voltyds werker, voltyds vrou
Om ʼn werkende ma te wees, is nie ʼn maklike paadjie nie. ʼn Werkende ma deel nie haar tyd en energie in deeltjies op nie, sy gee 100% aan elke rol wat sy vervul. Sy is voltyds ma, voltyds werker, voltyds vrou.
Gedagte vir die dag: Betoon medelye
Julle moet barmhartig wees soos julle Vader barmhartig is. (Lukas 6:36)