Ramaphosa regeer natuurlik met ‘n skrale meerderheid oor ‘n bevolking waarvan byna die meerderheid nog ontken dat Zuma enigiets verkeerd gedoen het. Hy sit ook met verskeie beenysters, waarvan visepresident David Mabuza een van die grootstes is.
Alles vir Woensdag 28 Maart 2018
Bekende druiweboer sterf ná motorfietsongeluk
Laubscher word oorleef deur sy vrou Jana, en hul vier kinders.
Mooinooi-vroue: ‘Baasbrein’ vas vir nóg ʼn moord
Die sogenaamde 52-jarige “baasbrein” agter die verdwyning en moontlike moord op die egpaar Anisha (30) en Joey (32) van Niekerk van Mooinooi, is amptelik aangekla van nóg ʼn moord. Dié moord is in 2014 op ʼn kleinhoewe buite Rustenburg gepleeg.
Vicki Momberg kry tronkstraf oor k-woord
“Hierdie saak het van openbare belang geword. Sommige mag dink die vonnis is swaar, maar dit moet ʼn duidelike boodskap stuur vir mense wat die k-woord gebruik.”
Wen: Mozart Requiem vir Paassondag in Brooklyn-teater
Wessel van Wyk en Willem de Beer snoer kragte saam en bied die heel eerste uitvoering van hierdie transkripsie aan vir die Gautengse publiek. Drie gelukkige lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen na die uitvoering op Paassondag.
Meer as R1 miljoen se droogtehulp vir Sutherland
“Die mense kry baie swaar. Party dae is daar nie kos op hulle tafels nie. Ek weet van boere in die noorde van die Oos-Kaap wat hulle plase se sleutels by hulle buurman gaan aflaai het en weggery het.”
Slegte nuus vir SA kort voor Statebondspele
Die Statebondspele begin aanstaande Woensdag aan die Australiese Gouekus.
79 vas oor geweld in Hermanus
Volgens die polisie het Bonkikosi Madikizela, LUR vir menslike nedersetting in die Wes-Kaap, gistermiddag met verskeie rolspelers vergader en daarna ʼn skare van sowat 5 000 mense by die stadion in Zwelihle toegespreek.
Lesersbrief: Waardevolle lesse uit die waterkrisis
Solank politici in beheer van water is, gaan watertekorte die “new normal” wees en politici gaan dit gebruik as ‘n rede om belastings te verhoog en meer mag uit te oefen.
Toetsrugby op TV … wag maar tot later
Dit is nie net in Suid-Afrika waar die Springbokrugbytoetse nie regstreeks op nasionale televisie uitgesaai word nie.
Negester Klein-Kariba bied jou die Bosveld op sy beste
Negester Klein-Kariba, met sy pragtige Bosveld-fauna en -flora, is ‘n beveiligde en volhoubare leefstyl-landgoed vir vyftigplussers.
Manie Jackson en sy verloofde se paadjies skei
Die sanger het aan aanhangers gesê “daar is iets belangriks” wat hy graag met hulle wil deel.
Resep: Gevulde eiers
Gevulde eiers is ’n wenner wanneer jy dié naweek die langpad aandurf of selfs net lus het vir ʼn peuselhappie.
Vrou ná verkragting met warm lepel gemartel
“Ná die beweerde verkragting het hy ʼn eetlepel warmgemaak.”
Boek: Die spioen
Die Spioen is die onvergeetlike verhaal van ’n vrou wat dit gewaag het om die konvensies van haar tyd uit te daag en die prys daarvoor betaal het, soos vertel in Mata Hari se stem in haar finale brief.
Nuuskommentaar: Spel beter uit oor grondgryp
Verwarring oor hoe grondgryp sonder kompensasie plek in ons regstelsel gaan kry, word nou lustig uitgebuit om ’n klimaat van anargie te skep.
Vandag se sportnuus
Krieket Australië het intussen bekendgemaak dat David Warner saam met sy kaptein Steve Smith en Cameron Bancroft huis toe gestuur word. Die afrigter Darren Lehmann bly egter aan.
‘Enigste weg uit krisis is uitmuntende onderwys’
“Die ANC het vir 23 jaar bloot ʼn herverdelende ekonomiese plan gehad wat nie volhoubaar was nie aangesien daar geen ontwikkeling plaasgevind het nie. Die land staan voor ʼn fiskale afgrond terwyl die stroping van sy bates net voortgaan.”
‘SAL oor vier jaar eers weer winsgewend’
Die maatskappy sal na verwagting in April, ná sy algemene jaarvergadering Donderdag, sy verlies van sowat R5 miljard vir die huidige finansiële jaar aankondig.
Coca-Cola stig reusetrust vir opkomende boere
“Ons sal vennote wees in ʼn poging om te help om nuwe, swart verskaffers te help groei en sodoende landbou in ons land te verander en om op dié manier aandag te gee aan sommige van die pynlike nalatenskappe van ons verlede.”