Die nuwe hoof van misdaadintelligensie van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is aangewys.
Lees meerAlles vir Donderdag 29 Maart 2018
Kamer veroordeel Kaapstad se tariefverhogings
Die Kamer van Handel en Nywerheid het Donderdag ʼn verhoging van 26.9% in water en sanitasie vir Kaapstad veroordeel.
Safa ondersteun Danny Jordaan ná verkragtingsklag
Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) het Donderdag aangekondig dat sy nasionale uitvoerende komitee hul president Danny Jordaan sal ondersteun te midde van bewerings van verkragting teen hom.
Numsa teleurgesteld oor uitspraak
Die Nasionale Unie van Metaalwerkers van Suid-Afrika (Numsa) het sy teleurstelling uitgespreek nadat die Pretoriase hooggeregshof sy aansoek, vir ʼn interdik om Eskom te verhoed om kontrakte met 27 onafhanklike kragprodusente te sluit, afgekeur het.
RWB-bod en Pro14 lei tot erge Saru-verlies
Die mislukte bod om die Wêreldbeker in 2023 aan te bied, en die deelname van die Cheetahs en die Kings aan die Pro14 reeks, kry grootliks die skuld vir die groot velies wat die SA Rugbyunie in sy 2017-boekjaar gely het.
Polisievakbond verwelkom Momberg se vonnis
Die polisievakbond Sapu het Donderdag gesê hy verwelkom die vonnis wat Vicki Momberg opgelê is nadat sy ʼn polisiebeampte beledig het.
Vrou ernstig beseer toe voertuig in sloot beland
ʼn Vrou het Donderdagoggend ernstige beserings opgedoen toe haar voertuig in ʼn sloot beland het buite Tzaneen in Limpopo.
ToekomsVenster: Wat is in jou hand?
Dit mag beskeie en onmagtig voorkom maar in die hande van God as werktuig van gehoorsaamheid en waagmoed gebeur die onmoontlike.
Parlement se lang wintervakansie maak opslae
Ontevredenheid is in opposisiegeledere aan die opbou nadat die ANC sy meerderheid in die parlement gebruik het om ʼn selfs langer reses- en kiesafdelingperiode as gewoonlik tydens die wintermaande af te dwing.
Video: Niks uitgerig op NMB-raadsvergadering
Die raadsvergadering van Nelson Mandelabaai het Donderdag ná ses uur steeds geen vordering gemaak nie en het heeltemal tot stilstand gekom.
Aansoek om likwidasie van Grens Rugbyunie
Is dit ʼn Oos-Kaapse ding? Onder Cheeky Watson moes die SA Rugbyspelersvereniging weens die wanbetaling van die OP Kings en die Southern Kings ingryp, en nou is dit die Grens Rugbyunie wat getakel word.
Tobie Cronjé-produksie op KKNK gekanselleer
Dié stuk, met Tobie Cronjé en Antoinette Kellermann in die hoofrolle, is vervaardig in opdrag van Kunste Onbeperk om Cronjé vir sy lewensbydrae tot teater te vereer.
Riaan groet nuusateljee – dié keer finaal
Die legendariese Afrikaanse ankeraanbieder en televisieman Riaan Cruywagen (72) gaan Donderdagaand vir die heel laaste keer ʼn oorsig van die afgelope dag se nuusgebeure op kykNET Verslag lewer – en dié keer groet hy die nuusateljee finaal.
Ma op knieë oor siek kind (10)
“Ek wil net my kind help deur die pyn waardeur sy nou gaan. Sy lê hier en haar ma kan niks vir haar doen nie.”
Nóg eis majoor se kop oor ‘haatspraak’
“Indien daar ʼn voorbeeld gemaak is van Vicki Momberg, moet daar ook ʼn voorbeeld gemaak word van maj. MV Mohlala.”
Tshwane-klinieke ‘moet ten alle tye oop wees’
Die EFF in Tshwane het Donderdag ʼn mosie ter tafel gelê vir die stad se gesondheidsentrums om 24 uur per dag, sewe dae van die week, oop te wees.
Die wêreld in foto’s – 29 Maart 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Bekendstelling: BMW se jongste sakeatleet
Dié voertuig is Usain Bolt in ʼn Armani-pak, skryf Brendon Staniforth.
Aussies se krieketafrigter bedank
“Om die nuus aan die Australiese spelers te bring was waarskynlik die moeilikste ding wat ek moes doen.”
Stiefma ‘jammer’ ná SA-tiener in Mauritius sterf
“Wat gebeur het, was ʼn fout. In ʼn oomblik wat jy kwaad of seergemaak is doen jy dinge wat jy nie bedoel het om te doen nie.”