Die vierde kriekettoets tussen Suid-Afrika en Australië begin Vrydag op die Wanderers in Johannesburg. Die Proteas loop met 2-1 voor en is op die voorvoet ná ʼn oortuigende oorwinning oor die Aussies in Kaapstad.
Alles vir Donderdag 29 Maart 2018
Nuwe kookprogram vir boerekos-liefhebbers
“Met Pienaar se kundigheid, ’n paar ‘twists’ en die bekende gaste op die program, sal jy gou agterkom hierdie is nie net ’n gewone kookprogram nie.”
Boek: Bak en brou
Kleuters sal hulle lippe aflek vir hierdie heerlike bak-en-brou-storie vol aksie, avontuur en smullekker sjokoladekoek!
‘Maatjie-banke’ die antwoord vir eensame kinders
Vir sommige kinders (en selfs talle volwassenes) is dit baie moeilik om maats te maak.
Malema: ‘Ek haat nie wit mense nie’
“Ons het nooit gesê dat wit mense hierdie land moet verlaat nie. Geen wit mens sal oor ons loop nie. Ons sê die grond moet deur almal besit word volgens demografie.”
Twee broers sterf saam in gru-ongeluk
Die motor waarin hulle gereis het, het ʼn perd getref.
Paasnaweek begin op somber noot
Altesaam 17 mens is Woensdag in aanloop tot die Paasnaweek in twee afsonderlike busongelukke dood.
Taalgebruik: kwes, kwets
Taaltoffie ondersoek die verskil tussen “kwes” en “kwets”
Nuuskommentaar: Nou móét ewehandig opgetree word
Die dood in die pot skuil oor regspraak oor rassistiese sake as daar nie dringend ’n konsekwentheid in die howe en elders intree wanneer met sake van hierdie aard gewerk word nie.
Vandag se sportnuus
Krieket Australië het die plaasvervangers bekend gemaak wat David Warner, Steve Smith en Cameron Bancroft sal vervang.
Vyf vas vir olifanttande van meer as halfmiljoen rand
“Die polisie het die huis en die perseel deursoek en twee olifanttande in die kattebak van ʼn Toyota Vios gekry.”
‘Duitsland, België weet nou van situasie in SA’
Die VF Plus en ʼn afvaardiging van die Duitse Alternative for Germany-party (AfD) het Woensdag vergader om onder meer plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding te bespreek.
Vrou (53) vas ná hoëspoedjaagtog met polisie
ʼn 53-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat sy weens spoed deur die polisie van die pad afgetrek is, weggejaag het en toe vir langer as 45 minute in ʼn hoëspoedjaagtog met die polisie betrokke was.
Wat het die mynbouhandves, die grondkwessie en ujamaa in gemeen?
Deur bloot Zimbabwe, ujamaa en die Wêreldbank se Berg-verslag as verwysing te gebruik, behoort politici tot hul sinne te kom wat grondgrype betref. Dit is duidelik wat die uiteinde gaan wees.
Bejaarde man se liggaam in rivier aangetref
“Paramedici kon nie onmiddellik vasstel hoe lank die man se liggaam al in die water was nie.”
Ek’s ’n Afrikaner – en hier om te bly!
Ek glo my plek en rol is hier – aan die suidpunt van Afrika. Dit is hier waar die Here my geplaas het en niemand – nie die EFF, ANC of wie ook al – sal my as Afrikaner hier wegjaag of my toekoms bepaal nie
Uitgesluit
Moenie ʼn jas aantrek wat jou nie pas nie. Doen jou eie Ek is-oefening. Vind jou identiteit en wees lief vir die persoon wat jy ontdek en mag jy vind wie jy in God se oë is.
Gedagte vir die dag: Al gaan dit swaar, God is by jou
Kyk, daar kom ’n tyd … dat julle My alleen sal laat; en tog is Ek nie alleen nie, omdat die Vader by My is. Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin. (Johannes 16:32-33)