Wat twee weke gelede as ʼn beswaar teen die optrede van ʼn skeidsregter in ʼn Wêreldbeker-aanspraakstryd begin het, het intussen soveel vuil wasgoed ontlok dat uitspraak ʼn derde keer uitgestel is.
Lees meerAlles vir Maandag 2 April 2018
Varsitybeker: Wegholtellings in die halfeindstryde
Die twee halfeindstryde van die elfde Varsitybekerreeks het Maandagaand albei wegholtellings opgelewer.
Duisende stroom na Loftus om Kaapstad te help
Nagenoeg 30 000 mense het Saterdag na die Loftus Versfeld-stadion in Pretoria gestroom en aangesluit by Jacaranda FM se poging om broodnodige geld vir die Kaapstad-waterkrisis in te samel.
Proteas het Aussies teen die toue op Wanderers
Die vierde dag van die vierde en laaste kriekettoets tussen Suid-Afrika en Australië is afgehandel en die Proteas staan op die drumpel van ʼn reeks-oorwinning.
Twee dood, 3 beseer ná trompop botsing
Twee mense is dood en drie ander beseer toe ʼn sportnutsvoertuig en ʼn pantservoertuig Maandagmiddag reg van voor op die N4 naby die Kroondal-afrit by Rustenburg gebots het.
Ramaphosa besoek Winnie se familie
Pres. Cyril Ramaphosa sal Maandagaand Winnie Madikizela-Mandela se familie by hul huis besoek ná die struggle-veteraan se afsterwe vroeër vandag.
Egpaar dood in huis gevind
Lede van die gemeenskap het onraad gemerk nadat hulle die egpaar drie dae gelede gesien het.
Winnie dood ‘ná lang siekbed’
“Sy het vreedsaam in die vroeë ure van Maandagmiddag omring deur haar familie en geliefdes gesterf.”
ToekomsVenster: Waarom is jy op jou aangesig?
Dis onafwendbaar dat volhardende sonde ʼn effek sal hê op die gemeenskap waarvan ons deel is.
Ma, baba sterf saam in botsing
Die ma en haar baba is op die toneel dood verklaar, terwyl die bestuurder wat saam met hulle in die motor was na ʼn plaaslike hospitaal gehaas is.
Winnie Madikizela-Mandela sterf
Winnie Madikizela-Mandela, ANC-struggleveteraan en eksvrou van oudpres. Nelson Mandela, het in die ouderdom van 81 gesterf.
Vrou vermoor toe motor onklaar raak
ʼn Vrou wie se motor langs die pad onklaar geraak het, is doodgeskiet deur twee mans wat voorgegee het om haar te help.
Australië trek glo uitsprake oor SA boere terug
Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Maandag gesê Suid-Afrika verwelkom Australië se terugtrekking van omstrede uitsprake deur dié land se minister van binnelandse sake dat Australië die immigrasieproses vir wit Suid-Afrikaanse boere wil versnel omdat hulle in hul eie land “vervolg” word.
Kelnerin se droom bewaarheid danksy FB-plasing
ʼn Jong kelnerin se droom om by ʼn universiteit te studeer is bewaarheid danksy ʼn foto wat op Facebook geplaas is waarop ʼn vreemdeling die kelnerin se goeie daad teenoor ʼn bejaarde man vasgevang het.
Man vas ná Hankey-plaasaanval
ʼn Aanvaller het toegang tot die huis verkry deur verskeie skote deur ʼn glasdeur te skiet en die vrou is in haar rug gewond.
Polisieminister op toneel van N3-betoging
Duisende motoriste wat terugkeer huis toe ná die langnaweek se reise is vertraag nadat ʼn betoging vanoggend by die Mooirivier-tolplaza opgevlam het.
200 in Jhb vir dronkbestuur vasgetrek
Tot 200 voertuigbestuurders is dié Paasnaweek al op aanklag van dronkbestuur in hegtenis geneem en klopjagte is op agt nagklubs uitgevoer.
Boek: Uit die Beek 2018
Vanjaar verskyn die klassieke “Uit die Beek” met ’n nuwe invalshoek en uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos.
‘Renosterstroper’ doodgeskiet
Verskeie items is in die oorledene se besit gevind, waaronder ʼn boog en twee pyle, ʼn veeartspyl, ʼn mes, ʼn selfoon en ʼn ID-kaart.
Ses sterf in gru-ongeluk op N2
Ses mense, onder wie drie kinders, is dood in ʼn grusame ongeluk Maandagoggend op die N2 buite Grahamstad in die Oos-Kaap.