“Tania [Knoetze se vrou] was gisteraand by my en sy weet nie wat om te sê, te doen of te dink van die hele voorval nie. Daar is baie onsekerhede rondom die voorval. Ons enigste hoop is om hom net veilig te vind.”
Alles vir Dinsdag 3 April 2018
10-jarige ‘sal nog weke lank’ in hospitaal wees
“Die dokter het gesê die wagtydperk kan so lank soos twee maande, en selfs langer as dit vat.”
Wanderlust: Hoofstuk 9
Die eendag is ek af en besluit om die katedraal in Antwerpen te besoek. Die gasheer beduie my mooi hoe ek moet stap en waar ons mekaar watter tyd sal kry. Dis koud en nat en ek loop styf toegewikkel in my geleende jas…
Oom Herrie se kerrie: Krap agter die oor
Elke keer wat oom Herrie ’n hond sien wat hom behaaglik krap, dan speel gemengde gevoelens in hom af
Hollywood-paartjie se paaie skei ná nege jaar
Die paartjie is dit ook eens dat daar “geen geheime of onbehoorlike gebeure” is wat tot die beëindiging van die verhouding gelei het nie.
[Luister] ‘Ontdek jou lewensdoel’: Hoe weet ek wat my doel is? – Deel 7
“Net ʼn klein groepe mense is gelukkig genoeg om van ʼn jong ouderdom af al te besef wat hulle doel is, want vir die meeste van ons is dit maar ʼn lang, uitgerekte ondekkingsreis om by jou lewensdoel uit te kom.” Só skryf Frans Cronjé in sy boek “Ontdek jou lewensdoel”. In dié program gesels Frans oor jou doel in die lewe.
Ses brand in bus dood
Ses mynwerkers het Maandagaand ʼn grusame dood gesterf nadat die bus waarin hulle vervoer is met opset aan die brand gesteek is en dié mense doodgebrand het.
Nuuskommentaar: Vuurhoutjies, buitebande, kontroversie en owerspel
’n Horde koerante, ook buitelandse koerante, skryf dat kontroversie deel van Winnie Madikizela-Mandela se lewe was, maar uit regeringskringe klink dit nou asof sy almal se held was. Om so ’n kontroversiële mens ongekwalifiseerd as held voor te hou, kan spanning skep by diegene wat nie saamstem nie.
Stiefma vrygelaat ná SA tiener in Mauritius sterf
Marietjie Vosloo, stiefma van die Suid-Afrikaanse tiener Mundolene Vosloo (17) wat in Oktober 2016 in Mauritius dood is kort nadat sy en haar stiefma in ʼn rusie betrokke was, is Maandag vrygelaat ná ʼn jaar en ʼn half in ʼn gevangenis in dié land.
Boek: Polemieke: Bekgevegte in Afrikaans
In Polemieke bied Gabriël Botma lesers ’n blik op bekende én byna vergete woordtwiste wat die Suid-Afrikaanse geskiedenis help slyp het.
Vandag se sportnuus
Die vierde toets tussen Suid-Afrika en Australië loop vandag op die Wanderers in Johannesburg ten einde. Die Proteas staan op die drumpel van ʼn reeks-oorwinning.
Een dood, een kritiek ná motor rol
ʼn Man is dood en ʼn vrou kritiek beseer ná die bestuurder van die voertuig waarin hulle gereis het na vermoede beheer oor die voertuig verloor het en die voertuig verskeie kere gerol het.
Talle oor naweek vas vir dwelms in Kaapstad
Volgens die polisie is die misdaadsyfers by dié stasies van die hoogste in die land.
Botswana se nuwe president ingehuldig
Hy het die leisels oorgeneem by Ian Khama wat uitgetree het na twee termyne.
Gedagte vir die dag: Lewegewer
Hier sal die Here God die dood vir ewig vernietig, en die trane op almal se gesigte afvee (Jesaja 25:8)