Die Limpopo-polisie het ʼn deurbraak gemaak in die ondersoek na die moord op ʼn 46-jarige eienaar van ʼn veiligheidsmaatskappy in Polokwane (Pietersburg). Dié man is in Februarie ten aanskoue van sy 11-jarige seun koelbloedig doodgeskiet.
Alles vir Woensdag 4 April 2018
Laat vlug, gestrande span vertroebel eindstryd
ʼn Laat vlug en spelers wat op ʼn lughawe gestrand was, het ʼn span met sterk Suid-Afrikaanse bande se kans in die eindstryd van die Wes-Asiatiese Klubampioenskap erg beduiwel.
Vandag se sportnuus
Die 21ste Statebondspele se openingsgeleentheid vind vandag plaas en die spele duur tot Sondag 15 April. Daar word verwag dat 1,5 miljard mense wêreldwyd die spele op televisie sal volg.
NWU-taalbeleid: Só sien Kgwadi die toekoms
Prof. Dan Kgwadi, vise-kanselier van die Noordwes-Universiteit, het erken die universiteit beskik tans oor ʼn uitstekende taalbeleid en daar is eintlik min wat daaraan verander moet word. Dit blyk egter die toepassing daarvan wat die doring in sy vlees is.
Administratiewe kostes gaan verbruikers hard slaan
Roodt wys daarop dat veral vervoerkostes opgejaag word, wat noodsaaklike produkte se pryse gaan laat styg.
Meer as duisend sonder krag weens tendergeskil
“Die syfer [persone sonder krag] sal aanhou styg indien hierdie situasie nie binnekort opgelos word nie.”
Man kritiek toe motor hom in botsing van leer af slinger
ʼn Man, vermoedelik in sy 40’s, is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy van ʼn leer afgeslinger is toe ʼn motor die leer getref het.
Internasionale erkenning vir nuwe afstandsonderrigstelsel
Tuisonderrig is in 1996 in Suid-Afrika as wettig verklaar en raak sedertdien al hoe meer gewild. FutureLearn, ’n afstandsonderrigverskaffer vir leerders in die skoolfase, beraam dat daar tans nagenoeg 90 000 tuisonderrigleerders in Suid-Afrika is, waarvan meer as 16 000 van hulle produkte en dienste gebruik maak.
Imperial: Sakeraad eis dat koppe rol ná diskriminasie
Dít volg nadat die Noord-Gautengse hooggeregshof vroeër vandeesweek beslis het dat Mark Lamberti skuldig was aan diskriminasie nadat hy na ʼn senior en ervare vrouepersoneellid as “ʼn vroulike gelyke indiensnemingskandidaat” verwys het.
Moet op prinse nie vertrou nie
Aan die anderkant moet diegene wat agterbly weet dat ’n groot opdraande stryd voorlê. Suid-Afrika gaan sy eie probleme moet oplos. Ander lande se polisie en weermagte gaan ons nie te hulp snel of gemeenskappe kom beveilig nie.
Verbruikersake: Wanneer herstelwerk nie werk nie
Verbruikers kan staatmaak op hul regte wat in die Wet op Verbruikersbeskerming beskerm word as dit by herstelwerk kom. Ina Opperman verduidelik wat jy kan doen as herstelwerk nie werk nie.
Waar het sake vir Ramaphosa verkeerd geloop?
Die BBC-joernalis Jeremy Thompson het ‘n paar weke gelede op Stellenbosch gesê ons weet almal Ramaphosa was ‘n goeie onderhandelaar, maar nou sal ons moet sien of hy ‘n goeie leier is. Die huidige aanduidings lyk nie baie goed nie.
Gedagte vir die dag: Kentekens
Ons paaslam is immers geslag: dit is Christus. Laat ons dan feesvier … met die ongesuurde brood van reinheid en waarheid (1 Korintiërs 5:7-8)