Sal dit vir Kwagga Smith ʼn geval word van die pap wat tussen die hand en die mond op die grond val?
Alles vir Donderdag 5 April 2018
Dié Kaapstadse woonbuurte dalk vanaand sonder water
Die Stad Kaapstad het inwoners gewaarsku dat sommige woonbuurte in die loop van Donderdagaand moontlik wateronderbrekings kan ervaar weens beplande opgraderingswerk.
Liggaam van vermiste bejaarde gevind
Turnbill was sedert 28 Maart vermis.
Net een in hof ná 6 se vlammedood
Die bus het omstreeks 20:00 by die stasie stilgehou toe twee onbekende verdagtes in die bus geklim het. Die verdagtes het ʼn vlambare vloeistof in die bus uitgegooi, dit aan die brand gesteek en vinnig uitgespring.
Leon van Nierop se resensie: Hampstead
Dit is ʼn tipiese herfsdagfilm – die soort waarna jy gaan kyk as jy op ʼn agtermiddag moeg is van TV-kyk of die familie wat ongenooid gedurende die Paasvakansie kom kuier en jy wil sommer net wegkom, skryf Leon van Nierop.
‘Kapers’ minute ná kaping vasgetrek
Daar is onder meer ʼn nagemaakte vuurwapen en toerusting wat gebruik word om by huise in te breek in hul besit gevind.
Leon van Nierop se resensie: Ready Player One
Die rekenaar-effekte is groter en meer oorweldigend as enigiets wat jy al tevore gesien het, want Steven Spielberg oortref homself hier, skryf Leon van Nierop.
Wen: Pretoriase spookbustoer sal jou hare laat rys
Vyf lesers en hul metgeselle kan elk ʼn aand vol storievertellings van legendes beleef met ʼn dubbelkaartjie vir ʼn Pretoriase Spookbustoer eerskomende naweek.
Zuma vlieg ook nou ekonomiese klas
“Hy was eintlik baie aangenaam. Hy het selfs sy mints en Pringles met my gedeel.”
Rugbyheld en vrou verwelkom tweede baba
“Vandag was ʼn goeie dag,” het hy gekoer. “My hart is vol en ek staan al weer in verwondering.”
Herskedulering van NMB-raadsvergadering verwelkom
Ná ʼn agt uur lange drama, verdagings, vurige debatte en ontwrigting op ontwrigting is die mosie van wantroue teen die DA se Trollip vir twee weke uitgestel.
Teenboelieveldtog besoek Limpopo
“Dit is vir AfriForum belangrik om met leerders, onderwysers en ouers saam te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan.”
Regstappe ná paramedici in lokval beland
“Paramedici het onwetend by die ongelukstoneel opgedaag en besef die ‘ongeluk’ is eintlik opgestel.”
Hoe skerp is die Sharks se tande in der waarheid?
Was die Sharks werklik so goed soos hul afgelope wegholoorwinning oor die Blues aandui, of was die Blues eenvoudig maar net swak?
‘Ek is een van die min Suid-Afrikaners wat as diplomaat uit Brittanje geskop is’
Die hele petalje met die Russiese diplomate het my gedagtes teruggevoer na die dag toe ek as diplomaat uit Brittanje gegooi is, een van die min Suid-Afrikaners vir wie so ’n “eer” beskore was.
Gemengde reaksie op regering se groenkragplanne
Sola Future Energy het Woensdag die departement van energie se ondertekening van 27 kontrakte met onafhanklike kragprodusente verwelkom, maar nie almal het só positief gereageer nie.
Talle damvlakke styg danksy reënval
ʼn Weeklikse verslag van die departement het aangedui dat die reën sag maar intens genoeg was om die grond te deurweek en grondwater vir basiese gebruik te herstel.
Vosman-kinders: Albino-meisie ‘vir moetie geslag’
WAARSKUWING: Die inhoud in die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.
Resep-video: Maklike mieliekoekies
Onthou jy nog jou ma se lekker mieliekoekies? Kyk dié maklike resep!
Duisende by hof verwag vir Zuma-verskyning
Die eThekwini-metropolisie het motoriste aangeraai om die gebied rondom Durban se hooggeregshof Vrydag te vermy aangesien Jacob Zuma, voormalige president, na verwagting in dié hof sal verskyn op aanklagte van bedrog en korrupsie wat verwant hou met die omstrede 1999-wapentransaksie.