Die verkiesing van ’n nuwe leier in Ethiopië plaas onverwags ’n vergrootglas op die nuwe Suid-Afrikaanse regering se verbintenis tot menseregtevergrype. Suid-Afrika kom tot dusver bedroë daarvan af.
Alles vir Donderdag 5 April 2018
Boek: Gevaarlike lopies: Duskant die doodlyn 2-in-1
Fantastiese nuus vir jong sportliefhebbers! Vir die eerste keer verskyn twee van Jaco Jacobs se supergewilde sportstories saam in een omnibus!
Statebondspele: SA se eerste goud is in die sakkie
Span Suid-Afrika se eerste goue medalje by die 21ste Statebondspele is op dag een deur Henri Schoeman verower.
Vandag se sportnuus
Die 21ste Statebondspele het gister op luisterryke wyse met die openingseremonie afgeskop en die Amerikaanse Meesters se pretgevulde syferdriekompetisie is gister gespeel.
Bheki Cele in Kaapstad ná vier se skietdood
Polisieminister Bheki Cele het Woensdagaand die families van drie tieners en ʼn volwassene gaan besoek wat vandeesweek in Kaapstad doodgeskiet is waar hulle in ʼn motor gesit het.
Is privatisering op hande?
Mike Schussler, hoofekonoom by economists.co.za, sê dat privatisering ʼn positiewe begin sal wees. Volgens Schussler is dit noodsaaklik om staatsbeheerde maatskappye om te draai.
Metropolisievrou voor huis doodgeskiet
“Haar afsterwe is nie tevergeefs en sal nie die moreel van ons polisiemag verswak nie, maar hulle eerder aanmoedig om voort te gaan om ons gemeenskap te dien en te beskerm.”
Malema môre terug in die hof oor gronduitsprake
EFF-leier Julius Malema sal Vrydag weer na verwagting in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklagte van die oortreding van die Wet op Oproerige Byeenkomste nadat hy sy ondersteuners aangemoedig het om grond onwettig te beset.
Man in hof vir vrou, skoonma se skietdood
Die man wat deur die polisie gesoek is vir die moord op sy vrou en skoonma verlede Donderdag buite Nelspruit, is in hegtenis geneem.
Feiteblad: Apartheid en kommunisme
Daar is ’n nuwe tirannie in Suid-Afrika. Dit is ’n tirannie van politieke korrektheid, ’n tirannie van verwronge politieke denke. Daar word vir ons voorgeskryf wat ons politieke denke moet wees, en indien ons nie daaraan voldoen nie, word ons van bose sameswerings en onderdrukking beskuldig.
Liberië: burgerskap en ras
Hoe vyf miljoen swart Liberiërs ʼn krimpende minderheid van 3 000 Libanese, wat hulle nog altyd uit die politiek gehou het, kan vrees, is moeilik verstaanbaar.
Gedagte vir die dag: Ons het so gehoop …
Toe open Hy hulle verstand om die Skrif te verstaan (Lukas 24:45)