“Dié interdik is ʼn groot deurbraak in ons geveg om duisende professionele, loopbaangedrewe SAPD-lede te beskerm teen dié onwettige en diskriminerende projek wat hulle toekoms in die wiele sou ry.”
Lees meerAlles vir Vrydag 6 April 2018
PSA waarsku oor ‘drastiese stappe’ in loononderhandelings
Die staatsdiensvakbond PSA het Vrydag sy lede gemaan om “drastiese stappe” te doen om die regering te dwing om loononderhandelings vir dié jaar af te handel.
Mooinooi-vroue: Hof hoor skokgetuienis
“Ek sal nie vergeet wat hy vir my gesê het nie. Hy het gesê hy het gehelp om die vroue op te tel om hulle op te hang en te verwurg.”
Inkomstediens sê oor kripto-geldeenhede
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Vrydag bekend gemaak dat hy sal voortgaan met die toepassing van normale inkomstebelastingreëls op kripto-geldeenhede en dat die SAID van belastingbetalers sal verwag om hul winste of verliese met kriptogeld as deel van hul belasbare inkomste te verklaar.
Blitsbokke: Jonges spring weg met rekordsege
Selfs sonder hul uitsoekspelers wat by die Statebondspele is vir aanstaande naweek se groot toernooi, het Wêreldrugby se voorste sewesspanne Vrydag in Hongkong die gaping tussen hulle en die res deegliker as voorheen ingevryf.
Kommer oor beweerde mishandeling van bejaardes in tehuis
“Ek is baie bekommerd oor die verskeie verslae wat dui op mishandeling van bejaardes by die tehuis – dít terwyl daar na hulle omgesien moet word.”
Lions se tuisveld, skietgoed lyk te veel vir Stormers
Die Lions wil hulle onoorwonne rekord van meer as drie jaar teen Suid-Afrikaanse spanne Saterdag op Ellispark verder verleng.
ToekomsVenster: Wat doen jy hier?
Waar bevind jy jouself? Hoor die woord van die Here. Wat maak jy hier, so wanhopig, desperaat en hoop verydel? Het jy vergeet wie jou sover gebring het?
Saru: Alexander bly die toutjies trek
Daar is vooraf verwag dat die winde van veranderinge deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) sou waai, maar daardie verwagtinge is nie Vrydag op die jaarvergadering in Kaapstad bewaarheid nie.
Aanklagte teen hom is leuens, sê Zuma
“Leuens en sameswering sal nooit die waarheid oorheers nie,” het oudpres. Jacob Zuma buite die hof laat hoor.
Pro14: Cheetahs se oomblik van waarheid
Al drie die voorste spanne in afdeling A van die Pro14-reeks speel Saterdag in Suid-Afrika in twee wedstryde wat ʼn groot invloed op die uitspeelrondes kan hê.
Die wêreld in foto’s – 6 April 2018
Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Ses sterf in busbrand: Vier in hof
Vier verdagtes het Vrydag in die Praktiseer-landdroshof in Limpopo verskyn in verband met ʼn voorval Maandagaand waartydens ses mense in ʼn bus doodgebrand het.
Afrikaanse fliekvermaak vir Aprilmaand
Kykers kan vandeesmaand ʼn hele paar opwindende Afrikaanse flieks op kykNET, DStv-kanaal 144, verwag.
Superrugby: Die Sharks is beroof
Dít het die Sharks darem nie verdien nie.
Net paar ure oor voor baardman se baard dalk waai
Meyer le Roux, medestigter van Buffelsfontein Baard-olie, is bereid om van sy welige baard ontslae te raak – as die publiek hand in die sak sal steek.
Cheeky Watson eers dán verhoor
Die beweerde bedrieglike aktiwiteite het glo R12 miljoen beloop.
Malema: ‘SA sal vervelig wees sonder wit mense’
Julius Malema, leier van die EFF, het Vrydag ná sy verskyning in die Bloemfonteinse landdroshof op aanklagte van die oortreding van die Wet op Oproerige Byeenkomste, aan sy ondersteuners buite die hof gesê Suid-Afrika “sal vervelig wees sonder wit mense”.
Vermiste vrou se oorskot halfeeu ná verdwyning gevind
DNS van die vermiste 38-jarige vrou se broer en dogter is gebruik om met haar beendere te vergelyk, wat bevestig het dat die geraamte aan die vermiste vrou behoort.
Mabuza: ‘Teken politieke gevangenes se geskiedenis op’
“Die jongmense van hierdie land moet weet dat die vryheid wat ons vandag het as gevolg van die opofferings en dapperheid van jong helde soos Solomon is.”