Die motoris het van die toneel weggejaag en die vrou is op die toneel dood.
Lees meerAlles vir Sondag 8 April 2018
Vettel maak dit twee in ʼn ry vir Ferrari
Die tweede wedren in die Formule Een-kampioenskapsreeks is Sondagaand in Bahrein afgehandel en Sebastian Vettel (Ferrari) het die wedren net voor die neus van Valterri Bottas (Mercedes) weggeraap.
Twee vas ná vier se skietdood
Vier mense, onderskeidelik 28, 19, 13 en 12 jaar oud, het in ʼn Toyota Avanza gesit toe drie gewapende verdagtes die voertuig genader het en op hulle losgebrand het.
Jong Blitsbokke se vertonings en sukses verstom
Die Blitsbok-penkoppe het Sondag weliswaar die eindstryd misgeloop, maar die brons medalje verower toe hulle Nieu-Seeland met 29-7 om die derde plek geklop het.
Motor ploeg in muur vas in beweerde polisie-jaagtog
Die voorval het in Elarduspark in Pretoria plaasgevind.
Vakbond wil SAL onder besigheidsredding plaas
“Tans is daar dus geen ander keuse as om SAL, ten minste deels, te privatiseer nie.”
Metrobeampte ontvoer, geskiet toe hy motor laat stilhou
Die verdagtes het glo die beampte beveel om sy uniform uit te trek, sy dienspistool gesteel en hom toe geskiet voordat hulle van die toneel af gevlug het.
Da Silva gee homself oor aan polisie
Luiz Inácio Lula da Silva, voormalige president van Brasilië, het homself aan die polisie oorhandig om gevangenisstraf van 12 jaar vir omkopery uit te dien.
Baba gebore ná vrou in kop geskiet is
Dokters het die vrou se baba deur middel van ʼn noodkeisersnee in die wêreld gebring nadat sy in ʼn skietvoorval in die kop geskiet is.
Trollip as DA se federale voorsitter verkies
Athol Trollip, burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro in Port Elizabeth, is vandag tot federale voorsitter van die DA herkies.
Foto’s: Australiërs hou optog teen ‘volksmoord in SA’
“Wit Suid-Afrikaners sal nie stilgemaak word nie. Duisende in Perth wys vandag hul ondersteuning.”
DA: ‘SA word deur ANC gyselaar gehou’
John Steenhuisen, die DA se hoofsweep, het Sondagoggend op die party se federale kongres in Pretoria ʼn sterk bewoorde toespraak teen die ANC en ter behoud van liberale beginsels gelewer.
Gespanne atmosfeer voor internasionale rugbywedstryd in George
ʼn Gespanne atmosfeer het Saterdag voor die wedstryd tussen die Southern Kings en Munster van Ierland by Outeniquapark geheers.
DA aanvaar De Lille-klousule
Die Kaapse burgemeester, Patricia de Lille, se politieke toekoms binne die DA het vanoggend ʼn terugslag beleef toe die party se federale kongres die DA-grondwet gewysig het sodat ampsdraers makliker uit hul posisies verwyder kan word.
Man sit lewenslank vir verkragting van niggie (11)
“Die dapper kind het ontsnap en by die skool opgedaag met net een skoen en steeds in haar uniform.”
Teleurstellende Cheetahs op randjie van uitspeelstryd
ʼn Enkele punt in hulle laaste twee ligawedstryde kan vir die Cheetahs ʼn uitspeelstryd in die Pro14 verseker; twee punte verseker dit.
Mooinooi: Polisie krap kop oor nóg ʼn gru-moord
Die polisie krap kop oor dié “grusame moord” in Mooinooi in Noordwes.
Cele sê oor ‘liggaam’ naby Madikizela-Mandela-woning
Dit kom nadat Nonkululeko Phokane, Cele se woordvoerder, Saterdag gesê het dat Cele binnekort duidelikheid sal gee oor ʼn liggaam wat ʼn paar strate weg van Madikizela-Mandela se woning aangetref is.
Nou kan Rassie kies wie hy wil
Dit was nie ʼn geval van as nie, maar wanneer.
Drie uitgeken wat raaiselagtige dood sterf
Die man en die vrou, albei 30, is ontvoer en “wreed vermoor”. ʼn 41-jarige man, die derde oorledene, se liggaam is ʼn paar meter weg van die toneel aangetref.