WAARSKUWING: Die foto’s in die berig is grafies van aard en mag sensitiewe lesers en kinders ontstel.
Alles vir Woensdag 11 April 2018
Mynbouhandves-onderhandelinge ‘herstel Zwane se skade’
“Hoewel heelwat onderhandeling nog moet plaasvind, het die samesprekings van die afgelope drie weke die belanghebbende partye tot opbouende dialoog gelei en is ʼn groot deel van die skade uit die Zwane-era herstel danksy ʼn gevoel van samehorigheid wat weer onder die partye posvat.”
Nuus oor ANC-veteraan se dood ‘uitgelek’
Die ANC-veteraan Zola Skweyiya se familie het gesê hulle betreur die feit dat die nuus oor die veteraan se dood in die media uitgelek is voordat baie van sy familielede en die ANC ingelig is.
Onnie ten aanskoue van leerders doodgeskiet
ʼn Laerskoolonderwyseres van die Wes-Kaap is Woensdag ten aanskoue van leerders by die skool doodgeskiet.
Dokter waarsku teen erge griepseisoen wat voorlê
Griepverwante komplikasies lei jaarliks tot sowat 6 000 tot 11 000 sterftes in Suid-Afrika en duisende ekonomies produktiewe ure gaan verlore weens dié siekte.
Raaisel: Is Jantjies die antwoord of die vraag?
Dit bly ʼn raaisel wat nog nie opgelos is nie.
Klubrondomtalie: eerste vir ERU in Superliga
East Rand United (ERU) het in die vyfde weekronde die eerste Valkeklub geword om ʼn wedstryd in die Noorderbonde se Superliga te wen.
Israel se migrasiekrisis
Premier Benjamin Netanyahu van Israel se omkeerbesluit om voort te gaan met die deportasie van duisende Afrika-migrante het skokgolwe deur die wêreld gestuur.
Staat vat lughawe-miljoene
Die Amerikaanse dollars ter waarde van R78 miljoen is in die besit van vyf mans, onderweg na Dubai, gevind.
Caroli (17) sterk tuis aan ná ongeluk met perd
Die vreugdevure brand hoog in die Wolhuter-huishouding waar die 17-jarige Caroli tans aansterk nadat sy verlede maand met kritieke beserings in die hospitaal opgeneem is nadat ʼn perd op haar geval het.
Verslag toon dié selfoonnetwerk troon weer bo uit
Dié selfoondiensverskaffer het weer die titel opgeraap nadat Suid-Afrika se gewildste selfoonnetwerke aan meer as 142 000 spoedtoetse onderwerp is – byna 25 000 toetse meer as die vorige verslag.
Ondersoek ná polisieman glo twee kinders doodry
“Nadat die kinders se liggame verwyder is, het my ma die seuns se bloed van die teerpad af gewas.”
Digitale nommerplate op die proef gestel
Die voorgestelde nommerplate spog onder meer met ʼn navigasiestelsel en versenders wat kommunikasie tussen motoriste en die owerhede moontlik maak.
Ses sterf in hinderlaag in Afrika se oudste wildreservaat
Die jongste aanval op veldwagters in dié park is as een van die ergste tot dusver beskryf en die stygende dodetal het daartoe gelei dat die park nou die reputasie het as die gevaarlikste bewaringsprojek in die wêreld.
M.T. Steyn-standbeeld dalk van UV-kampus verwyder
“Die kampusbestuur gebruik die sogenaamde proses as rookskerm om belanghebbendes te paai, terwyl hulle reeds besluit het om van die standbeeld ontslae te raak.”
Nuuskommentaar: Doggerland nie net oor gedog
Vandag sou Doggerland stellig kon verwys na ’n plek waar die slagoffers goedgelowig fopnuus sou sluk omdat hulle gedink het die nuus is die waarheid. Vandag weet ons dit kan nie so wees nie, net soos daar nie plek is vir ’n doodloop teen fopnuus nie. Ons moet méér weet, en minder bog liggelowig opvreet.
SA se eerste Western skitter by die loket
Om te voldoen aan die openbare vraag na die fliek sal nog vier teaters by die lys gevoeg word waar dié baanbrekersfliek te sien is.
Hap saam met Lochner: Franse uiesop
Dié sop maak jy blitsvinnig! Kyk hier hoe Lochner de Kock dit maak.
Boek: Tot die dood ons skei
Bekende joernalis en skrywer Schalk Schoombie kyk indringend na die verskynsel van “intieme vrouemoord”, iets wat in Suid-Afrika krisis-afmetings aanneem.
Murray & Roberts skop vas teen Aton se aanbod
Ontleders sê die maatskappy is aanloklik vir buitelandse beleggers omdat dit die hoofaandeelhouer in die Gautrein is.