“Die 27-jarige verdagte is in Seepunt in hegtenis geneem ná ʼn wenk van ʼn op-en-wakker lid van die gemeenskap.”
Alles vir Woensdag 11 April 2018
Foto’s: Die KTM RC390 ’n prettige liggewig
Sommer uit die staanspoor het die klein KTM hom gefassineer. Die aggressiewe stilering en die hooflig wat ʼn kruising is tussen Darth Vader en Terminator laat jou onder geen illusie van die fiets se teikenmark nie, skryf Brian Cheyne.
Vrae oor sanitêre ware van R40 miljoen aan skole
Dit het ook aan die lig gekom dat daar ʼn oormaat sanitêre ware aan skole voorsien is en van die voorraad word in skoolbiblioteke oor die hele provinsie geberg.
Vandag se sportnuus
By die 21ste Statebondspele in Australië het span Suid-Afrika Dinsdag nog drie medaljes bymekaar gemaak en twee wedstryde is gister in Eufa se kampioeneliga gespeel.
Paaie gesluit vir Winnie-gedenkdiens
Verskeie Johannesburgse paaie is Dinsdagaand gesluit ter voorbereiding van die gedenkdiens van Winnie Madikizela-Mandela wat vandag plaasvind.
Masjinis oorval, met mes gesteek
Die voorval het glo gebeur toe die trein onklaar geraak en die masjinis uit die kajuit geklim het om ondersoek in te stel.
As jy die ou uit vrou haal, sit jy met vrx
Ek lees soms hoe mense op allerlei forums beswaar maak teen die onverdraagsaamheid van “liberaliste”. Akkoord, liberale kan inderdaad buitengewoon onverdraagsaam wees. Maar dit geld nie net vir liberale nie. Dit geld ook vir kommuniste, fasciste en konserwatiewe.
Gedagte vir die dag: Versoening
Hy is die versoening vir ons sondes … ook vir dié van die hele wêreld (1 Johannes 2:2)