ʼn Man van Wildernis naby George het op die harde manier met die langarm van die gereg kennis gemaak.
Alles vir Donderdag 12 April 2018
Gauteng-aanlynaansoeke open dan: ‘Afrikaanse ouers moet gou spring’
“Een van die veranderinge wat ons hierdie jaar aan die stelsel aangebring het, is dat ʼn ouer by enige skool vir toelating van hul kind kan aansoek doen, maak nie saak wat die onderrigmedium van die skool is nie.”
Facebook-skandaal: Is jy ook geteiken?
Tot 87 miljoen Facebook-gebruikers word deur die databreuk geraak.
Die dag toe Oom Hugh nie kon tande borsel nie
Dis geen wonder nie dat Suid-Afrikaanse rugbyondersteuners ʼn sagte plekkie vir Walliese rugby het.
Die wonder van susterskap
Wat ek besef het, is dat susterskap jou nie net aanmekaar bind met dieselfde DNS nie, maar dit is ʼn hartsding. Daardie persoon met wie jy dinge kan deel wat net sy sal verstaan, saam met wie jy kan lag, en saam wie jy kan huil.
Jeugdiges verkrag, beroof glo ouma (76) en kleindogter
Twee jeugdiges, onderskeidelik 15 en 18 jaar oud, het na bewering die 76-jarige ouma en haar 26-jarige kleindogter beroof en verkrag.
ʼn Splinternuwe baadjie vir Akademia
“Akademia is trots op die groei en vooruitgang wat sy bewerkstellig. In die toekoms gaan ons terugkyk na 2018 as een van die opwindendste tydperke wat getuig van hoe vooruitdenkend Akademia is.”
Rowers flous bankpersoneel
Sy het gesê die twee het omstreeks 10:00 in uniforms die perseel binnegegaan en vir die personeel hul identifikasie gewys.
Video: Advertensie van boer met trekker laat kykers skater
Die advertensie gaan oor ʼn boer wat betrap word terwyl hy vir sy trekker dans nadat hy ʼn Engelse berader op die dorp se huweliksraad verkeerd verstaan het.
Gauteng-man verkrag glo vrou ná hy haar raakry
Die vrou se nagmerrie het egter nie hier geëindig nie.
ʼn Pyn in die oog (!!!!!)
Hoe werk beklemtoning in tekste? Mag ʼn mens twee uitroeptekens gebruik? En wat van ʼn vraagteken en ʼn uitroepteken? Of is dit ʼn geval van “te veel van ʼn goeie ding is eintlik te veel”? Sophia Kapp neem die kwessie onder die loep.
Man buite huis doodgeskiet, kind (3) gewond in huis gevind
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en een van poging tot moord nadat ʼn man doodgeskiet is en ʼn driejarige kind met ʼn skietwond gelaat is.
FNB-adviseur skuldig aan diefstal
Die 27-jarige finansiële adviseur is daaraan skuldig bevind dat hy in Januarie en Februarie vanjaar geld van kliënte gesteel het.
Orban-oorwinning belangrik vir toekoms van Europa
Hou gerus Hongarye, Pole, Oostenryk en ander Sentraal- en Oos-Europese lande oor die volgende paar jaar dop.
Woord: konfetti
Waar kom die woord “konfetti” vandaan? Taaltoffie stel ondersoek in.
Formule 1: Waar is McLaren, Renault en Red Bull?
Die derde wedren in die Formule Een-kampioenskapsreeks vind Sondag in China plaas en tot dusver het Ferrari en Mercedes die toneel oorheers. Dis baie jammer dat die verskil in die ander motors se vermoë ʼn baie eensydige verwagting van die uitslag gee.
Hospitaal toe ná rissie-kompetisie
Warm rissies kan soms ongemak veroorsaak, maar die Carolina Reaper is só warm, dit kan jou in ʼn mediese joernaal laat beland!
Die armoede-uitdaging
“Die harde werklikheid is dat honger verdeel. Dit het nog altyd, en sal ook altyd. Hoe ons armoedeverligting aanpak en gemeenskappe bemagtig, is ’n gemeenskapskwessie van kardinale belang.”
PA rig waarskuwing aan ANC; kap na Malema
“Wie dink Malema is hy? Hy is ʼn klein seuntjie. Net omdat hy ou mense soos Zuma jaag, dink hy dat hy ons ook kan jaag. Nié hier nie – dit eindig hier. Malema sê hy regeer die land. Watter land?”
Wen: ‘Voice of the Violin’ in die Brooklyn-teater
Vyf gelukkige lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen na Voice of the Violin op 14 en 15 April in die Brooklyn-teater in Pretoria.