Nog veranderinge staar Suid-Afrika se mynbou in die gesig.
Alles vir Vrydag 13 April 2018
Woord: niksnuts
Ken jy die woord “niksnuts”? Taaltoffie stel ondersoek in
Ma gevonnis oor verkragting van 2 maande oue baba
Die ma het aanvanklik beweer die kind het van die bed afgeval, maar mediese toetse het aangedui dat die baba verkrag is.
Boek: Waarom mans altyd reg is (en ander onnoselhede)
Met dié jongste bundel sketse kry ’n mens opnuut lag vir die hemelsbreë verskille tussen mans en vroue. En waarom die liefde steeds blind is.
Is die Chinese kool die rugbysous werd?
Teen regte of ten onregte kan ʼn mens nie help nie om te wonder of dié kool die sous, en só baie daarvan, werd is.
‘Ken jou storie’- wenners aangewys
Die beoordelaars het ure lank gelees aan die 305 inskrywings wat ontvang is. Die twee wenboeke van “Ken jou storie” 2017 is gisteraand uitgereik. Die geselligheid was ʼn spoggeleentheid en die skrywers het die geleentheid gekry om met hul splinternuwe boeke te spog!
Vandag se sportnuus
By die Statebondspele in Australië het span Suid-Afrika Donderdag nog ses (1-2-3) medaljes by sy oes gevoeg en ook ʼn Spelerekord herskryf.
[Foto’s] Man gooi dogtertjie van huis se dak
“Die polisie het deurentyd met die man onderhandel om van die dak af te klim, maar hy het die kind aan haar voet gevat en van die dak afgegooi.”
Kleuter se liggaam in vlak graf gevind
“Die kleuter se stiefma en pa kan moontlik die polisie in hul ondersoek na die gruwelike daad bystaan.”
Drie in hof vir moord op sakeman
Die man is in Februarie ten aanskoue van sy 11-jarige seun koelbloedig doodgeskiet.
Gedagte vir die dag: Ai, Tomas
En Tomas sê vir Hom: “My Here en my God!” Toe sê Jesus vir hom: “Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie gesien het nie en tog glo.” (Johannes 20:28-29)