Dis baie selde dat jy met kwalik ʼn derde van die besit en ook die gebiedsvoordeel ʼn taai wedstryd gaan wen, en dit is Maandagaand deeglik by die NWU-Pukke tuisgebring.
Lees meerAlles vir Maandag 16 April 2018
Tydelike verligting in Matlosana-rekeningkwessie
Daar is lig aan die einde van die lang, donker tonnel wat die munisipale rekeningsituasie in die Matlosana- plaaslike munisipaliteit betref.
Wrede aanval op polisieman veroordeel
Lede van die Clarens- voorkomende misdaadseenheid is vir die derde keer na ʼn huis uitgeroep waar die voorval plaasgevind het.
Molefe se appèlaansoek binnekort aangehoor
Die hofuitspraak wat op 25 Januarie gelewer is, het beslis dat sy heraanstelling en pensioenuitbetaling van sowat R11 miljoen onregmatig was.
Kommer oor dalende opbrengs van Tuks se beleggings
Die parlement se portefeuljekomitee oor hoër onderwys en opleiding is bekommerd oor dalende opbrengste van die Universiteit van Pretoria se finansiële beleggings en oor beweerde ras-eksklusiewe koshuise op kampus, maar het andersins ʼn baie positiewe verslag oor die huidige situasie by Tuks gepubliseer.
Veiligheidswag doodgeskiet tydens vulstasierooftog
“Gewapende rowers het die werknemers van die vulstasie met wapens gedreig en hulle gedwing om die deur oop te maak en almal insluitend die joggies na binne gedwing. Hulle het die kluis oopgeblaas en met ʼn onbevestigde hoeveelheid kontant gevlug.”
Polisiebeamptes vas ná hul 16-jarige glo lewend aan die brand steek
Daar word beweer dat een van die mans sy beursie verloor het ná hy geld getrek het in Kroonstad en dit toe op die vier hawelose seuns wat in die omgewing was blameer het.
ToekomsVenster: Soos in die hemel, so ook op die aarde
Hoe lyk dit wat ons as uitdrukking van die koninkryk op aarde moet vergestalt? Is daar ’n model wat ons kan navolg en wat ons by die bestemde doelwit gaan uitbring?
Vervaardiger kap terug oor Winnie-dokumentêr
Die vervaardiger van die omstrede dokumentêr Winnie het gesê sy staan by haar standpunt dat dié program “die waarheid vertel” van die onstuimige lewe van die vryheidsvegter, Winnie Madikizela-Mandela.
DA vra kwytskelding van minimumloon vir werkloses
Maimane het gesê dis gebiedend noodsaaklik dat dit so maklik moontlik gemaak moet word om volhoubare werkgeleenthede te skep, maar ʼn nasionale minimumloon is na die DA se mening nie die beste manier om dit te doen nie.
Talle ondersteun pa wat kind van dak afgooi
Die 38-jarige man het sy eerste verskyning in die hof gemaak ná hy sy eenjarige dogtertjie verlede week van ʼn plakkershut se dak gegooi het tydens ʼn slopingsproses van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit.
Die wêreld in foto’s – 16 April 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Showmax en DStv: Só teken jy in
Lus vir ’n televisiereeks-marathon? Of dalk is jy net lus om jou op die rusbank tuis te maak en ʼn skreeusnaakse komedie te kyk. Showmax is die antwoord!
Vrou, kind (3) en huurder saam vermoor
“Hy het ʼn vuurwapen uitgepluk en die vrou en die driejarige wat op haar skoot gesit het geskiet.”
Ma, dogters op plaas aangerand
ʼn Ma en haar twee minderjarige dogters is die afgelope naweek op ʼn plaas in Noordwes oorval en glo verskeie kere met knuppels aangerand.
Man (63) op plaas met byl aangeval; ure lank toegesluit
Die polisie in die Oos-Kaap is op soek na drie verdagtes wat die afgelope naweek ʼn 63-jarige man met ʼn byl aangeval, hom ontvoer en etlike ure in ʼn donker vertrek aangehou het.
Wanderlust: Hoofstuk 11
Toe breek 1989 aan en Suidwes moet verkiesing hou. Ek spandeer vier maande van daai jaar in Suidwes en werk myself die malaria in en uit. Werk steeds as onoffisiële “observer”, want ek ry met my eie bakkie en bly in gastehuise of by vriende …
Man slag glo hond lewend
“Die eienaar van die hond het na haar hond gaan soek en op ʼn baie grusame toneel afgekom.”
Ondersoek ná akteur op stel sterf
Die polisie in KwaZulu-Natal sê hy ondersoek bewerings dat die akteur op die stel van ʼn fliek dood is omdat die nodige veiligheidsmaatreëls glo nié getref is nie.
Oorlog in Sirië ook slegte nuus vir die rand
Die rand en veral Suid-Afrikaanse verbruikers gaan aan die kortste ent trek weens die VSA se volgehoue aantygings oor chemiese wapens wat in Sirië gebruik is in die oorlog teen rebellemagte.