ʼn Vierjarige seuntjie is Maandagaand na ʼn Pretoriase hospitaal gehaas nadat hy in ʼn bad vuurwarm water geval het.
Alles vir Dinsdag 17 April 2018
Mengeltaal en fopnuus oor Afrikaans
Afrikaanssprekendes moet tans versigtig wees en vreemde uitsprake oor veranderde taalbeleide of wette bevraagteken voor dit aanvaar word.
Boek: ʼn Gelukkige kind
Die bord pap vlieg oor die tafel en die melk spat op alles. Jou oudste klap jou jongste teen die kop. En julle is al weer laat vir skool. Welkom by die klub van ouers wat soms nie meer weet hoe nie!
Uitdrukking: iemand oor die hekel haal
Taaltoffie ondersoek die uitdrukking “iemand oor die hekel haal” en waar dit vandaan kom.
Wanneer laas het jy in ʼn wingerd wakker geword?
Soggens, wanneer die son kopuitsteek bo die growwe Bolandse berge, drink ons boeretroos en eet beskuit op die houtdek. By die minuut word die buitelyne van die Helderberg al hoe duideliker. Swerms swaeltjies swiep deur die lug. Skrophoendertjies woel tussen die rose. ‘n Werfvark snork in ‘n kampie langsaan.
[Wen] “Ken Jou Storie”-kinderboekskryfkompetisie 2018
Dit is weer tyd om daardie kreatiewe skryftalent los te laat en in te skryf vir die “Ken jou storie”-kinderboekskryfkompetisie. Daar is groot pryse op die spel vir die drie kategoriewenners. Nie net word elke wenner se boek gepubliseer nie, maar stap elkeen ook weg met ʼn kontantprys.
Nuuskommentaar: Plaasmoorde nie tandetrekkery nie
Die inspan van terreurdade deur plaasaanvallers laat opnuut die vraag ontstaan of gruweldade ’n politieke motief móét hê om as terreur beskou te kan word.
Vandag se sportnuus
Ná die Chinese Formule Een Grand Prix is Sebastian Vettel nou net nege punte voor Lewis Hamilton. In sokkernuus het Man City in die Engelse Premierliga reeds verseker hy word as die kampioenspan gekroon.
[Luister] ‘Ontdek jou lewensdoel’: Geloof – Deel 11
“Die voorvereiste vir ʼn wonderwerk om te gebeur, is nie hoe moeilik dit is nie, maar hoe onmoontlik.” Uit die film “Faith like potatoes”. In die program gesels Frans Cronjé oor wat geloof is.
Zuma-hofsake kos staat reeds sóveel miljoen
Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, het in ʼn geskrewe dokument vyf lêers in sy departement se besit oor regsaangeleenthede teen Zuma onthul.
Ramaphosa stel ekonomiese raadgewer aan
Pres. Cyril Ramaphosa het die ekonoom Trudi Makhaya as sy ekonomiese raadgewer aangewys.
Gupta-klopjag: Owerhede lê beslag op meer as R250 miljoen
Johannesburgse polisiebeamptes het Maandag in ʼn klopjag op die omstrede Gupta-familie se landgoed in Saxonwold in dié stad beslag gelê op bates van meer as R250 miljoen.
Gedagte vir die dag: Liefdeskinders
Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook (1 Johannes 3:1)