Die geskiedenis het immers bewys dat daar slegs twee keuses is, en dit is tussen vrye samelewings waar niemand gelyk is nie, en gelyke samelewings waar niemand vry is nie.
Alles vir Vrydag 20 April 2018
Dringende vergadering oor plaasaanvalle versoek
“Sekere van die boere en plaaswerkers is brutaal aangeval en daarom doen ons ʼn beroep op ons boerderygemeenskap om hul paraatheid verder te verskerp.”
‘Op vakansie’ of ‘met vakansie’? Gids tot Woordeboekportaal
Ek kry in die week ʼn navraag van ʼn gebruiker: Is dit “op vakansie” of “met vakansie”? Dis ʼn baie belangrike vraag, en dis belangrik dat elke gebruiker, jonk en oud, weet wat die antwoord daarop is, skryf Sophia Kapp.
Nog drie ontsnap uit polisieselle
“Hulle word as gevaarlik beskou en daar word ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om die polisie by te staan met inligting oor waar hulle hulself bevind.”
Rugbyspeler se lewe eersdaags gedenk
Gert Roets (23), die belowende Wolwe-rugbyspeler wat Saterdag dood is nadat hy in ʼn vermeende mislukte rooftog geskiet is, se lewe word eersdaags op sy tuisveld gevier.
Beer Adriaanse nie een vir hiberneer
Dié skrywer, akteur en regisseur het met Maroela Media gesels oor alles waarmee hy homself besig hou en verklap ook waar die naam Beer vandaan kom.
Kleinhandel ervaar groter optimisme
Is kleinhandelverkope die hartklop van die Suid-Afrikaanse ekonomie? Dit blyk uit die jongste gegewens wat Statistiek Suid-Afrika gister uitgereik het.
Tekenprent: Gerrie Nel pak Malema
Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, het aangekondig dat hy beplan om EFF-leier Julius Malema en sy medebeskuldigdes privaat vir bedrog en tenderkorrupsie te vervolg.
Sun City-ontsnapping: Twee tronkbewaarders vasgetrek
Twee tronkbewaarders is Donderdag in hegtenis geneem in verband met die ontsnapping van 16 gevangenes verlede week uit die sogenaamde Sun City-gevangenis in Johannesburg.
[Luister] ‘Ontdek jou lewensdoel’: Jou lewensdoel in diens – Deel 12
“Die grootste sukses wat jy kan bereik word nie gemeet aan roem, jou salaristjek of die aantal Olimpiese medaljes teen jou muur nie. Sukses word gemeet aan hoe goed jy jou omgewing en die mense om jou versorg.” Só skryf Frans Cronjé in sy boek Ontdek jou lewensdoel. In dié program gesels Frans oor hoe om te dien.
Provinsiale rugby skop onder wolk af
Suid-Afrika se provinsiale rugbyprogram skop Saterdag af onder ʼn wolk van onsekerheid of een van die beplande wedstryde sal plaasvind.
Situasie in Mahikeng steeds plofbaar
Terwyl pres. Cyril Ramaphosa vandag op pad is na Mahikeng in Noordwes waar gewelddadige betogings al dae lank woed, is polisiebeamptes steeds in die gebied ontplooi te midde van hoë spanning in die gebied.
EFF dalk hof toe gesleep oor ‘skorsing’
“As ek uit die EFF geskors word sal ek die besluit aanvaar en loop, maar ek sal die EFF hof toe sleep want die dissiplinêre proses was teen die wet.”
Nuuskommentaar: Malema vs AfriForum – Wanneer gaan AfriForum te ver?
Dit is soos wanneer die predikant vir die mense in die kerk preek oor dié wat stokkiesdraai: Diegene wat hier lees sal waarskynlik nie probleme hê met die wyse waarop AfriForum aandag gee aan reg en geregtigheid nie, en in die jongste geval ’n storm van rassistiese beskuldigings van die EFF en meelopers ontlok het.
Indian Scout Bobber: Nie vir introverte
Die woord bobber is afgelei van die term “bob-job”. Die agterste modderskerm is korter gemaak, en net soos vroue hulle lang hare afgesny het in ʼn bob, so is dié term gebore.
Swaziland se naam verander
“Ons sal nie meer Swaziland genoem word nie,” het koning Mswati III aangekondig.
Vermiste Noorweegse student se besittings gevind
Ostbo het Woensdagaand verdwyn terwyl sy saam met ʼn buitelandse studente-toergroep in Sedgefield in die Wes-Kaap vertoef het.
Boek: Vandag wil ek my blou skoene dra
“Ek het dit geskryf vir my eie plesier. Twintig jaar het verbygegaan sedert my vorige digbundel.”
10 van 16 ontsnaptes steeds op vrye voet
Die 16 ontsnaptes wat meestal vir verkragting, roof en moord in die tronk was, het deur ʼn muur in die tronk gebreek voordat hulle ontsnap het.
Vandag se sportnuus
Geskiedenis word môre gemaak wanner al drie die Du Preez-broers vir die Sharks in Durban uitdraf. Robert, Jean-Luc en Dan is almal in die beginspan van die Sharks vir hul wedstryd teen die Stormers.