“Die voortgesette soek-en-beslagleggingsoperasie word gedoen by verskeie munisipale kantore, asook sakepersele en private huise van persone van belang.”
Alles vir Maandag 23 April 2018
Joernalis tydens regstreekse uitsending doodgeskiet
Op die video kan gehoor word hoe skote klap voordat die joernalis vooroor op die sypaadjie neerval.
‘Binnelanders’-aktrise groet sepie ná 13 jaar
“ʼn Mens is maar hartseer omdat dit vir so lank ʼn groot deel van jou lewe was. Dis ʼn scary tyd, maar ook ewe opwindend.”
Hougie is ʼn onreg aangedoen
Nog ene vir die rugbybegraafplaas. Nog ʼn hoofstuk van ʼn begaafde speler wat afgesluit word sonder dat hy in sy eie land na behore geëer en gewaardeer is.
Resep: Ma se melkkos
Geniet hierdie goue oue!
Neuromites – leer se grootste vyand
Ons steeds verskeie neuromites, soos dat die mens slegs 10% van sy brein gebruik of dat jy met ʼn vooropgestelde leervoorkeur gebore word en dus enige ander metode van leer moeilik sal vind. Die seminaar is ideaal vir laer- en hoërskoolonderwysers, sowel as tersiêre dosente. Dit fokus op die konsep dat onderwysers die leerder se brein as’t ware vorm.
Strandgangers gewaarsku ná haai roei-ski byt
ʼn Ooggetuie het glo gesien hoe ʼn man deur ʼn haai van sy roei-ski gestamp word nadat die haai onder die roei-ski gegaan en ʼn gat daarin gebyt het.
Nuuskommentaar: Land wat brand, het vele wortels
Die onluste in Noordwes, die uitjouery van Ace Magashule, die skynbare heksejag op premier Supra Mahumapelo en die president se wipplankryery tussen sy ANC- en landsampte dui daarop dat ten minste sommige ontbrandingspunte hul wortels diep moet gaan soek.
Sokker-aanranding: Twee in hof; voorval veroordeel
Free State Stars-spelers moes inderhaas die veld verlaat ná hordes aggressiewe toeskouers op hulle neergesak het.
Kommer oor kruideniersware op krediet
ʼn Skuldberader, Deborah Solomon, sê dat bykans die helfte van Suid-Afrika se krediet-aktiewe bevolking reeds in ʼn finansiële verknorsing is. Sy maan verbruikers om kos, wat noodsaaklik is, liefs met kontant te koop.
Al wat mens kan doen is lag
As ek nou terugdink aan sekere tye sedert my twee kinders hulleself stewig in ons lewens kom inwikkel het, lag ek stilletjies in my mou vir van die amper onbeskryflike dinge wat ons al moes doen …
Internasionale sanger wen ‘Dancing With The Stars SA’
Die danspare moes drie verskillende dansroetines baasraak vir die eindronde.
Lesersbrief: Die ‘pieds-noirs’ van Afrika
Dit kom uit dat die oom ’n unieke soort Fransman is – een van die pieds-noirs van Algerië wat destyds in die 60’s, ná ’n bitter burgeroorlog, van hul land onteien is. Byna 1 miljoen Franse burgers, waaronder Jode en sekulêre Algeriërs, is destyds van hul tuistes beroof toe ’n bankrot Franse regering nie meer aan sy koloniale mag wou vasklou nie.
Verbruikersake: Oppas vir hierdie korttermynversekeringseise
Volgens die ombudsman vir korttermynversekering se jaarverslag vir 2017, wat verlede bekendgemaak is, het die meeste verbruikers by die ombudsman gekla oor motorversekeringseise (49,3%), huiseienaarsversekeringseise, (20,4%), sake-eise (7,9%) en huisinhoudsversekeringseise (6,2%). Ina Opperman het gaan kyk waaroor verbruikers gekla het en hoe hulle soortgelyke klagtes in die toekoms kan vermy.
Natuurlik wil ons kommunisme beveg. Hoe dan anders?
Ronald Reagan het eenkeer gewaarsku dat vryheid nooit meer as ’n geslag weg is van vernietiging nie. Dit is nie iets wat geneties oorgedra word nie, maar moet voortdurend verdedig word.
Polisie maak deurbraak ná Stilbaai-plaasmoord
Die deurbraak het gekom nadat die polisie Vrydagmiddag toegeslaan het op ʼn perseel in Tweedelaan in Tafelsig.
ANC, EFF begin onderhandelings oor samewerking
Daardie proses het nou tentatief begin. Dit sal interessant wees om te sien of die DA ʼn strategiese teenskuif in sy arsenaal het.
Glo nóg ʼn vrou en kind vir Zuma
Oudpres. Jacob Zuma het glo weer pa geword en gaan glo binnekort met sy sewende vrou trou.
Waldo oor wiskunde: Maak of jy mal is en vat alles
Om saam te vat: Leer is ’n proses waarby verskeie rolspelers betrokke is. Ons kinders kyk op na hul ouers en onderwysers om die voorlopers te wees om vrae te vra, minder te praat en meer te doen en ontdek.
Oom Herrie se kerrie: ʼn (Kort) seisoen van rolstoelry
Iemand wat dink dat iemand anders wat in ’n rolstoel ry het dit lekker, moet ’n slag self ’n paar dae noodgedwonge van ’n rolstoel gebruik maak. Dit het oom Herrie pas oorgekom.