Twee bestuurslede van Aros, ʼn Afrikaanse, private, Christelike hoëronderwysinstelling wat onderwysers oplei, het onlangs die Universiteit van Oos-Finland besoek om meer oor dié land se onderwys en die opleiding van onderwysers te leer.
Alles vir Woensdag 25 April 2018
Foto’s: Duisende ruk op vir Saftu-staking
Sommige van die betogers het nagemaakte buffels omhoog gehou in ʼn indirekte aanval op pres. Ramaphosa en ʼn stekie na die miljoene rande wat hy al in die verlede vir spogwild betaal het.
Luister: ‘Die gawe om engele te kan sien’
Bottomless Coffee Band het by Maroela Media gekuier om meer te vertel oor hul tweede album, Anthelia, en verklap ook wat dié naam beteken.
Bryan Habana, een van SA rugby se heel grootstes
Bryan Habana se uittrede gaan ʼn leemte laat – en nie net as rugbyspeler nie.
Drie sterf toe motor omslaan
“ʼn Ooggetuie beweer hy het gesien hoe die bestuurder van die voertuig beheer oor die motor verloor, dit van die pad af ry en toe omslaan.”
Ma weet maand ná botsing steeds nie van baba se dood
“Ons as familie het besluit dit is God se manier om haar nou te beskerm. Wanneer haar liggaam weer reg is om die skok te hanteer, sal God intree.”
Boer gee hom oor ná voorval met betogers
Die boer het intussen ook reeds in die hof verskyn en sy naam is bekend gemaak.
Brendan Peyper deel dubbele goeie nuus
“Toe ek eers besef het watter groot geleentheid dit is, het ek dadelik vir die geleentheid gespring.”
Twee oudministers moet verduidelik oor staatskaping
Twee oudministers van minerale hulpbronne in die Zuma-era gaan voor die parlement gedaag word om oor staatskaping te getuig.
Nuwe SA kosprogram binnekort op die kassie
Suid-Afrikaanse kosliefhebbers kan uitsien na dié splinternuwe kosmaakprogram waarop regte “huiskos” soos klam sjokoladekoek, herderspastei en heerlike diepgebraaide skaaptjops te sien sal wees.
Eienaar van SanWild sterf tragies
“Hoe onregverdig voel hierdie wêreld vandag… Ten minste sal sy onthou word as ʼn ongelooflike diere-ambassadeur en ʼn ma wat altyd daar was vir my.”
Meer as R2 miljoen se skade ná sokkergeweld
Die skade aan die Moses Mabhida-stadion in Durban ná ontstoke toeskouers Saterdag op die veld gestorm en daar algehele chaos losgebars het, is na raming R2,6 miljoen.
87 vas ná geweld in Vrystaat
Die Vrystaat het die afgelope week gebuk gegaan onder gewelddadige protesaksie in verskeie dorpe waartydens paaie met brandende bande afgesper, winkels geplunder, eiendom afgebrand en ʼn polisievoertuig met klippe bestook is.
Wat daarvan as jou naam World Cup is?
Dis een van daardie dinge wat die ondersteuners lelik omkrap, maar waarsonder rugby nie kan voortbestaan nie.
Nuwe hoop vir 3-jarige met seldsame sindroom
“Melanie Dingle, Antoiné se ma, het gesê ʼn vrou uit die VSA het haar gekontak na afloop van Maroela Media se berig oor Antoiné.”
Bakkiebestuurder hoor lot ná hy jong man na sy dood sleep
“Ek het my seun verloor. Niks sal hom ooit terugbring nie.”
Siekte is dryfkrag agter oudste student se PhD
“Drome kan in enige stadium van die lewe ontstaan en dié droom het nou vir my ʼn werklikheid geword.”
Foto’s: Die wêreld se eerste onderwaterhotel
ʼn Luukse hotel in die Maledive – byna vyf meter onder die see – maak binnekort sy deure oop.
SA staal hom vir landswye staking
Stakers en optoggangers het al sedert vroegoggend in verskillende stede reg oor die land saamgekom om gereed te maak vir die onderskeie optogte wat sal plaasvind.
Nuuskommentaar: Woordestryd oor AfriForum duur voort
Die openbare diskoers duur steeds voort of AfriForum reg of verkeerd is in sy besluit om Julius Malema privaat te vervolg sou die NVG versuim, maar dit lyk darem of die NVG nou bietjie meer op sy tone is.