Alles vir Donderdag 26 April 2018

Nuuskommentaar: Persvryheid en SA

Suid-Afrika se posisie op Verslaggewers Sonder Grense se persvryheidsindeks het pas effentjies verbeter, en oor die akkuraatheid daarvan kan veel gesê word. Die hoed moet egter gelig word oor hoe ’n groot deel van die media die de facto-persvryheid wat onder pres. Zuma se bewind ontstaan het, benut het om korrupsie en staatskaping gevoelige slae toe te dien.