Die Cheetahs se plek in die kwarteindronde van die Pro14-reeks is Saterdag in die 52ste minuut bespreek toe hulle kaptein Francois Venter in die Nelson Mandelabaai-stadion teen die Kings gaan druk het.
Lees meerAlles vir Saterdag 28 April 2018
Wie gaan hulle aan sulke rugby steur, Saru?
Die SA Rugbyunie (Saru) sal diep en ernstig moet besin of dit die moeite werd is om met die Supersportreeks in sy huidige formaat voor te gaan.
Bulls: Goed was toe nie goed genoeg nie
In ʼn riller waar dit weer beklemtoon is dat rugby nie noodwendig ʼn regverdige spel is nie, is die wedstryd tussen die Bulls en die Highlanders Saterdag ná 80 minute eers besleg.
Asië: Meer ervare Korea kry voet in WB-deur
Korea het Saterdag in die eerste kragmeting van die Asiatiese aanspraakstryd sy voet in die Wêreldbekerdeur gekry.
Gesogte nasionale ordes toegeken
Van die mense wat vanjaar dié gesogte toekennings ontvang het, sluit in John Smit, Johan Botha, Elsa Meyer, Hashim Amla en adv. Nakedi Ribane.
‘The Simpsons’ behaal TV-mylpaal
“Baie geluk aan almal wat deel is van hierdie baanbrekersreeks. En aan die miljoene Simpsons-aanhangers oor die wêreld, dankie dat julle nog al die jare kyk.”
Man vas ná konstabel se koelbloedige moord
ʼn 32-jarige verdagte is in hegtenis geneem nadat ʼn Wes-Kaapse polisiekonstabel vroeër vandeesmaand doodgeskiet is terwyl hy op ʼn klagte gereageer het.
Omstander tydens transitorooftog geskiet
ʼn Motoris wat Saterdagoggend verby ʼn toneel in die noorde van Pretoria gery het waar ʼn transitorooftog aan die gang was, is tydens ʼn skietgeveg deur ʼn dwaalkoeël getref.
Video: Vreugde oor Wes-Kaapse rivier wat vloei
Die video, wat reeds meer as 11 000 keer op Facebook gedeel is, het verheugde sosialemediagebruikers gaande.
Een kritiek, nog 2 beseer toe helikopter neerstort
Volgens bewerings was dit baie mistig in die omgewing ten tyde van die ongeluk wat moontlik daartoe bygedra het.
‘Interne probleme rede vir ANC-nederlaag in Coligny’
Probleme in die binnekringe van die ANC is die rede hoekom die ANC ʼn setel in die tussenverkiesing in Coligny in Noordwes afgestaan het, het Supra Mahumapelo, premier en ANC-voorsitter, in Noordwes gesê.
Blitsbokke in kwarteind ná baie duikwerk en flink drieë
Die Blitsbokke het Saterdag in sy groepronde van die wêreld-sewestoernooi in Singapoer in al drie hul wedstryde veel minder besit as hulle teenstanders gehad en moes dus heelwat meer duikslae uitvoer .
Egpaar met pangas op Vrystaatse plaas aangeval
ʼn Bejaarde Vrystaatse egpaar is in ʼn hospitaal opgeneem nadat hulle Saterdagoggend op hul plaas in die Hertzogville-distrik deur ses aanvallers oorval en erg aangerand is.
Mans swem kilometers ver ná boot omslaan
Die drie mans moes noodgedwonge die moeilike keuse maak om aan die omgeslaande boot vas te klou in die hoop dat hulle gevind word óf kilometers ver na die kus te probeer swem.
Ongeluk op dam: Vrou tuis ná 7 weke in hospitaal
“Ek besef nou haar lewe het drie weke lank in die weegskaal gehang. Ek het dit nie tóé besef nie, ek het net nie daaraan gedink nie. Dit is niks anders as ʼn wonderwerk dié nie.”
Motorfietsryer sterf toe hy onder voertuig beland
“ʼn Motorfietsryer was onder ʼn voertuig vasgekeer en is deur ander nooddienste op die toneel dood verklaar.”
Baba gevind ná kaper met motor wegjaag
ʼn Ouerpaar van Noordwes is erg getraumatiseer nadat ʼn kaper met hul motor en hul 18 maande oue babadogtertjie steeds binne-in weggejaag het.
Honderde se oorskot maandeliks na Zim gerepatrieer
Zulu meen die meeste Zimbabwiërs wat in Suid-Afrika doodgaan, sterf weens natuurlike oorsake, hoewel talle ook slagoffers van die hoë vlak van misdaad in die land is.
Superrugby: Reds laat die Lions bloos
Daar is sekere dinge in rugby wat jy nie kan verduidelik nie.
Alfie Evans sterf
Klein Alfie Evans, die 23 maande oue peuter van Liverpool in Engeland wie se storie harte oor die hele wêreld aangegryp het terwyl sy ouers desperaat baklei het om hom aan die lewe te hou, het Saterdagoggend gesterf.