Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God (Efesiërs 2:8)
Alles vir die maand April 2018
Foto’s: Betogers saai chaos op N3
Tussen 10 en 15 vragmotors is volgens berigte reeds aan die brand gesteek tydens ‘n gewelddadige betoging op die N3 naby die Mooirivier-tolplaza in KwaZulu-Natal.
Suid-Afrikaners baljaar in Franse Liga
Montpellier se Suid-Afrikaners het baljaar in die jongste ronde van die Franse Top14-liga.
Vrystaat-plaasaanvalle: VF Plus wil met polisie vergader
“In baie gevalle loods groepe van twee of meer aanvallers aanvalle op plase waarin die eienaars hulleself nie kan verdedig nie. Dit is hierdie veiligheidsvakuum wat die VF Plus wil bespreek.”
Man 40 jaar ná reeksmoorde vasgetrek
Die moordenaar is destyds “The Golden State Killer” gedoop, maar die polisie se ondersoek na die misdade het niks opgelewer nie.
SA afrigter se toetsspan wen Europese afdeling
Nóg ʼn Suid-Afrikaanse afrigter se span het Saterdag sy afdeling in die kampioenskapsreekse van Rugby Europa gewen.
Polisiebeamptes plunder glo saam tydens betoging
Die twee polisiebeamptes was vanoggend aan diens toe hulle in hegtenis geneem is.
Lewis gryp sy kanse aan
Die Formule Een Grand Prix van Azerbaidjan is Sondag in Bakoe gejaag. Dit was die vierde wedren van die 2018-seisoen en ‘n wedren vol opwinding en gebeure.
Man, buurvrou buite hul huise doodgeskiet
Twee mense in Noordwes, ʼn man en sy buurvrou, is dood toe hulle gaan ondersoek instel het nadat hulle skote buite hul huise gehoor het. Albei is geskiet.
Oud-Lions-speler topdriedrukker in Spaanse liga
ʼn Gewese Superrugbyspeler van die Lions was vanjaar die topdriedrukker in die Spaanse Liga van Eer.
SA akteurs se dood in gru-ongeluk betreur
Medelye het Sondag op sosiale media ingestroom vir drie bekende Suid-Afrikaanse akteurs wat onder die oorledenes is wat Saterdag in ʼn gru-ongeluk op die N6 tussen Jamestown en Queenstown gesterf het.
Ghoema’s 2018: Sterre gaan vanaand vir goud
Die Ghoema-musiektoekennings word vanaand regstreeks vanuit die Theatre of Marcellus by Emperors Palace op kykNET, DStv-kanaal 144, gebeeldsaai. Willem Botha en Jo Black open die geleentheid.
Blitsbokke sak terug na tweede plek op punteleer
Die Blitsbokke is ná die naweek se wêreld-sewestoernooi in Singapoer vir die eerste keer ná agt toernooie nie die voorlopers op die reeks se punteleer nie.
Drie leeus op plaas vergiftig, pote afgesaag
Drie leeus se karkasse is Vrydagoggend gevind en nóg drie leeus wat op die plaas aangehou is, word vermis.
Man uit kapingsnagmerrie gered danksy SMS
ʼn Oos-Kaapse motoris wie se voertuig gekaap is en met wie die kapers ure lank rondgery het, is gered danksy ʼn selfoonboodskap wat hy tydens die beproewing ongesiens vir sy suster kon stuur.
Vyf sterf toe voertuie op N6 bots
Twee vroue en drie mans is op slag dood.
Baba sterf in botsing; ma se herstelpad nog duister
“Mamma wens ek kon jou net een keer bietjie langer en bietjie stywer vashou. Dankie vir die tyd wat jy myne was.”
Stakende werkers veroorsaak chaos by hospitaal
“Personeel het aan my gesê dat die betogende werkers deur die sale gegaan het, hulle geïntimideer het en bedrywighede ontwrig het. Hope vullis, insluitende mediese afval, is op verskeie plekke uitgegooi.”
4 sterf in brandende voertuie ná botsing
Vier mense is dood en nog een kritiek beseer toe twee voertuie Saterdagmiddag naby Bronkhorstspruit reg van voor gebots en albei aan die brand geslaan het.
Superrugby: Bulls, luister maar na die liedjie ‘Pale Toe’
Daar is sekere dinge in rugby wat jy nie blindelings moet verander nie, soos om pale toe te skop wanneer die geleentheid daar is.