Jaco Labuschagne (37), ʼn pa en elektrisiën van Gauteng, se liggaam is gevind nadat hy in November 2017 spoorloos verdwyn het.
Alles vir Donderdag 3 Mei 2018
Druk neem toe op DA in Kaapstad
Die DA se Patricia de Lille-nagmerrie vererger stelselmatig, met De Lille wat kliphard terugveg en die partyleier, Mmusi Maimane, wat die DA se Kaapse stadskoukus as ʼn spul amateurs uitgekryt het.
Rassie se balanseertoertjie
Dit sal interessant wees om te sien hoe Rassie Erasmus sy balanseertoertjie gaan uitvoer om ʼn wenspan te bou en die ondersteuners, media en spelers tevrede te hou.
R800 000 vir Norma Gigaba se ‘inkopietogte’
“Die feit bly dat Norma Gigaba geen amptelike pligte by die beleggersveldtogte gehad het nie.”
Moto GP: Marquez die een om dop te hou
Die vierde Moto GP van die seisoen word Sondag in Spanje gejaag. Marc Marquez is die jaer met die momentum wat dopgehou moet word.
Halfblinde hond nou erepolisielid ná hy kleuter red
“Aurora het na ‘hond’ geruik omdat sy die hele nag teenaan Max geslaap het.”
104-jarige wil eie lewe neem
“Hy het besluit dit is tyd om dood te gaan. Hy sê hy het alles gedoen wat hy wou.”
Rowers brand los op motoriste tydens transitorooftog
“Terwyl die verdagtes besig was om die geldwa te beroof het van die ander verdagtes na willekeur op aankomende motoriste geskiet in ʼn poging om hulle van die toneel af weg te hou.”
Resep-video: Vinnige fop-quiche
Jy kan enigiets waarvan jy hou in dié fop-quiches sit!
Sestien spanne hoop nog op Wêreldbekerplek
Sestien spanne vertrou nog daarop om ʼn plek in aanstaande jaar se toernooi om die Wêreldbeker in Japan te verwerf, en nie almal se hoop is op die speelveld gevestig nie.
‘Survivor SA’: Wat die kamera nié wys nie
Maroela Media het gaan kers opsteek by Nico Panagio, die aanbieder van Survivor SA, om vas te stel wat agter die skerms van dié seisoen wat vanjaar in die Filippyne plaasvind, gebeur.
Foto’s: Twee dood, vier gewond in Kaapstad-betogings
ʼn 21-jarige man is dood toe ʼn taxi Woensdagaand in ʼn skare by Jakes Gerwelweg ingeploeg het.
Nuuskommentaar: Is daar ʼn alternatief vir pratery oor grondkwessie?
Gaan die goedbedoelde berade om die voorgenome grondgryping te bespreek nie meer skade as goed aanrig nie – veral waar een standpunt die ander met ’n geskree probeer verswyg?
Pa oorweeg regstappe ná seun (10) by oord sterf
Du Toit beweer die grond waarop die oord gebou is, is volgens stadsraadsdokumente nooit vir ʼn ontspanningsoord gesoneer nie. “Daardie grond is vir landbou- en plaasgrond opsygesit. Daar staan uitdruklik op die dokumente dat dit nie mag dien as ontspanningsoord, parkeerterrein, piekniekplek, en so meer nie.”
SA vyf vir nuwe Force in Wêreldreeks-proeflopie
Vyf spelers met Suid-Afrikaanse bande draf Vrydag vir die nuwe Western Force uit in die eerste proeflopie met die oog op die magnaat Andrew Forrest se Wêreldrugbyreeks (WSR) wat vir aanstaande jaar beplan word.
Vermiste Alberton-baba: ‘Ons volg talle leidrade op’
Eden Laird, die 13 maande oue baba van Brackendowns in Alberton wie se storie binne 24 uur derduisende Suid-Afrikaners se harte aangegryp het, is nog nie gevind nie.
Staatsaanklaer vra glo omkoopgeld van beskuldigde
“Die Valke het inligting ontvang dat die staatsaanklaer omkoopgeld eis van ʼn man wat beskuldig word van aanranding.”
Motorsport: Almal kan Jaguar Simola Hillclimb kyk …
Mense wat nie vanjaar se byeenkoms kan bywoon nie, sal al die aksie aanlyn kan aanskou.
Boek: Kewerwraak
Hierdie is die finale boek van die kewertrilogie en volg op Kewerknaap en Kewerkoningin.
Vandag se sportnuus
Die eerste twee Superrugby-wedstryde van die naweek word reeds môre gespeel en die Cheetahs speel Saterdag in ʼn kwalifiseringswedstryd teen die verdedigende kampioene, die Scarlets, vir ʼn plek in die Pro14-halfeind.