Die Pepervreters en die Alligators het beïndruk met hul veggees met die klap van die eerste skote in die nuwe Suid-Amerikaanse Sesnasiesreeks, maar teen die groter kanonne het dit tekortgeskiet.
Lees meerAlles vir Sondag 6 Mei 2018
Opkomende Bok se skepdoel red Roemenië-kampioen
ʼn Skepdoel deur ʼn gewese Opkomende Springbok in die laaste beweging van ʼn wedstryd in die slotronde van die Roemeense Superliga het sy span die oorwinning in ʼn spannende kragmeting besorg.
Moto GP: Groot drama in Spanje
Die vierde Moto GP van die seisoen is Sondag in Spanje afgehandel.
Ma in privaat hospitaal danksy publiek se hulp
Shanei Norris, die 23-jarige ma van Vereeniging in Gauteng wat in Maart in ʼn ongeluk betrokke was waartydens haar eenjarige dogtertjie gesterf het, is in ʼn privaat hospitaal opgeneem danksy die publiek se hulp.
10-jarige met outisme word vermis
Katlego Joja, ʼn 10-jarige wat met outisme gediagnoseer is, word al vier dae lank vermis.
Kaalvoet leerlinge gee terug aan die gemeenskap
“Dit was ook ʼn geleentheid vir die leerlinge om te leer wat dit beteken om vir jou gemeenskap om te gee.”
Noodoperasie vir Sir Alex Ferguson
Sir Alex Ferguson, die legendariese voormalige bestuurder van Manchester United, moes ʼn noodoperasie ondergaan en is Saterdag na ʼn hospitaal gehaas uit vrees vir sy gesondheid.
Bekroonde filmmaker sterf toe kameelperd hom stamp
Carlos Carvalho, ʼn bekroonde Suid-Afrikaanse filmmaker, is dood nadat ʼn kameelperd hom op ʼn safari lodge naby Hartbeespoort gestamp het.
Oud-Kimberliet druk twee keer in Amerika
ʼn Gebore Kimberliet het Saterdag twee drieë vir sy span in die Amerikaanse Senior Rugbyliga (MLR) gedruk.
Eerste foto’s van prins Louis gedeel
Die hertog en hertogin van Cambridge het twee foto’s van prins Louis op sosiale media gedeel.
Rower vas, een geskiet wat glo Universitas-studente teister
Die polisie in Bloemfontein het een persoon in hegtenis geneem en ʼn vermeende rower doodgeskiet wat glo studente van Universitas geteister en beroof het.
MyCiTi-busdiens bly opgeskort oor staking
Die Stad Kaapstad het Sondag gesê hy moet pendelaar met spyt in kennis stel dat die MyCiTi-busdiens tot verdere kennisgewing opgeskort bly as gevolg van die voortgesette staking in die busbedryf.
Graeme Bloch se bejaarde ouers dood aangetref
Die onderwysbeleidskenner Graeme Bloch se ouers, Aubrey Jackson (96) en Rosalie Bloch (84), is Saterdag dood aangetref in hul huis in Rosebank, Kaapstad.
Weermag gryp in by Noordwes-gesondheidsorg
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het by die gesondheidsorgstelsel in Noordwes ingegryp ná ʼn staking deur gesondheidswerkers, het die SANW in ʼn verklaring gesê.
31-jarige vas wat glo 80-jarige vrou verkrag
ʼn 31-jarige man is in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 80-jarige vrou verkrag het.
Superrrugby: SA spanne vaar swakste van almal
Dis al hoeveel keer geskryf en gesê, maar bestendigheid, of eerder ʼn gebrek daaraan, bly maar een van die remskoene van Suid-Afrikaanse rugby.
Belowende sokkerspeler sterf ná weerlig hom tref
Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) het gesê sokkertoeskouers landswyd treur oor die afsterwe van Luyanda Ntshangase, ʼn doelskieter vir Maritzburg United.
Regering maak statistiek oor plaasaanvalle bekend
Die minister van polisie, Bheki Cele, en die polisiekommissaris, genl. Khehla Sithole, het ná elf jaar se swye oor plaasaanvalle en -moorde, weer statistiek hieroor bekendgemaak.
Sibanye-Stillwater-ongeluk: Kommer oor veiligheid in myne
Die vakbond Solidariteit het sy ernstige kommer uitgespreek oor veiligheid in Suid-Afrikaanse myne na aanleiding van die onlangse mynongeluk by Sibanye-Stillwater se Masakhane-skag by Driefontein in Gauteng.
Man glo met byna R7 miljoen kontant by OR Tambo betrap
ʼn 27-jarige man is by OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem met byna R7 miljoen kontant in Amerikaanse en Suid-Afrikaanse geldeenheid in sy besit.