Bedrywighede by die Nelson Mandela Universiteit (NMU) in Port Elizabeth is Maandag hervat ondanks berigte dat personeel en studente op sosiale media gedreig word.
Lees meerAlles vir Maandag 7 Mei 2018
Foto’s: Rubberkoeëls klap tydens nóg ‘n Noordwes-betoging
“Ons is moeg vir die leë beloftes van die regering. Ons is huise en grond belowe, maar het tot vandag toe nog niks ontvang nie.”
‘Middelman’ in Panayiotou-moord vasgetrek
Jayde Panayiotou is op 21 April 2015 buite die Stellen Glen-kompleks in Kabegapark ontvoer waar sy gestaan en wag het vir ʼn saamrygeleentheid werk toe. Haar liggaam is later in die buitewyke van Kwanobuhle gevind.
‘Groot gees’ in landboukringe sterf
“Hy was ʼn groot gees en iemand na wie opgekyk kon word.”
DA erken sommige bewerings teen De Lille is onwaar
Die DA het vanmiddag erken sommige van die bewerings wat senior partylede oor De Lille se beweerde betrokkenheid by wanbestuur gemaak het, is onwaar.
Nege sterf toe bestuurder ystervark probeer vermy
Al die oorledenes is vroue.
ToekomsVenster: Jy kry ’n nuwe foto
Nuwe foto’s is ’n herinnering dat ons nuwe mense is. Ons is God se skeppingswerk (Efesiërs 2:10); sy geliefdes (1 Johannes 2:7) en Hy is stil tevrede in Sy liefde oor ons; Hy jubel en Hy juig oor ons (Sefanja 3:17).
Stadion-geweld: Dié mense gesoek
“Ons verwelkom die feit dat verdagtes begin om die ondersoekbeamptes te kontak sodat hulle hul dag in die hof kan kry, en ons moedig die uitstaande verdagtes aan om onmiddellik dieselfde te doen voordat die polisie op hulle toeslaan.”
Die wêreld in foto’s – 7 Mei 2018
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Maroela Media Afrikaanse Top-20: 7 Mei 2018
Wie is dié week in die gesogte no.1-posisie?
Woord: eendeweer
Ken jy die woord “eendeweer”? Taaltoffie stel ondersoek in
Pa stabiel ná AK47-aanval
James Reed (43), die oudpolisieman wat nou ʼn veiligheidswag is wat Donderdagoggend minstens drie keer, vermoedelik met ʼn AK47-aanvalsgeweer, geskiet is, se toestand is stabiel.
Soektog na vermiste student afgelas
Atle Ostbo, Marie se pa, glo egter dat sy dogter nog leef.
Babadogtertjie vir ouerpaar ná groot hartseer
“Sy is ons tweede kans, ons is skoon versigtiger as wat ons moet wees met haar.”
[Video] Sakeman rand glo swanger vrou aan
ʼn Vooraanstaande sakeman en ʼn hoogswanger vrou het oor en weer strafregtelike sake aanhangig gemaak ná ʼn onderonsie by ʼn Wes-Randse winkelsentrum oor ʼn parkeerplek.
Vergeet van jou sorge met dié KTM
’n Wyse man het eenkeer gesê: “Soms het jy meer as een tenk petrol nodig om jou kop skoon te kry.”
Talle uitgeteerde perde by weermagbasis uitgesit
Volgens die NDBV was die perde só uitgehonger dat hulle grond en hul eie ontlasting begin eet het.
30 000 hamburgers later …
Donald Gorske het ʼn wêreldrekord opgestel toe hy 30 000 McDonald’s Big Mac-burgers verorber het.
Varsgebekkig: Kop vol tande, bek vol bril
Die Varsgebekkig- uitdrukking van die week is “kop vol tande, bek vol bril”
Peach die musikant nie nét sy pa se seun
“Dit is vir my so vreemd as mense na my verwys as Oubaas se seun. Sover ek weet bly Oubaas se seun op Garies.”