Hier is die wenners van Maroela Media en die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit se Winterskool 2018-skryfkompetisie!
Alles vir Maandag 7 Mei 2018
Verbruikersrubriek: Goedere teruggee sonder goeie rede
Ons het al almal iets gekoop en eers later agtergekom dit is nie eintlik wat jy wou hê nie of jy het dit nie werklik nodig nie. Die antwoord is gewoonlik eenvoudig: vat dit terug en kry jou geld terug. Maar dit is nie so eenvoudig nie.
Lig aan einde van transformasietonnel, meen sportminister
Die minister het vanoggend haar departement se jaarlikse vorderingsverslag oor transformasie in sport bekend gemaak.
Niemand nog vas vir moord op bejaarde paartjie
“Hulle het so ʼn mooi goue jare- romanse gehad.”
Opwindende flieks en reekse in Mei op Showmax
Van lekkerlag saam met komediante tot naelbytspanning saam met Quentin Tarantino – daar is iets vir almal dié Meimaand op Showmax te sien.
ANC-leierskap steeds in onstuimige Noordwes
Die top-leierskap van die ANC was Maandag in Mahikeng in Noordwes steeds besig om agter die kap van die byl te kom omtrent voortslepende betogings om te eis dat premier Supra Mahumapelo moet bedank.
Parlement se begrotingseisoen begin
Vir die volgende ongeveer ’n maand gaan die parlement sy besigste seisoen van die jaar binne wanneer die begrotings van die meer as veertig nasionale staatsdepartemente goedgekeur word.
Doen oefeninge dié winter tuis
Daar is hordes apps wat verniet beskikbaar is op jou selfoon. Hier is die tien beste gratis apps van Playstore.
Groot vraag: Moet Bissie vir die Bokke speel?
Die groot debat het weer opgevlam: moet Bismarck du Plessis van Montpellier af teruggelok word om stukrag aan die Springbokke te verleen wanneer hulle in Junie in toetse teen Wallis en Engeland speel?
Oom Herrie se kerrie: Wat praat ons nie als nie?
Op ’n dag het die Herries nuwe bure gekry. Die man Engels, die vrou Afrikaans, maar dit was meestal ’n universele woordeskat wat oor die muur geblaker gekom het.
Baba Eden: ‘Ouers kom nog tot verhaal’
“ʼn Mens ervaar ʼn warrelwind van emosies. ʼn Mens moet deur so baie prosesse gaan en dan kan ʼn mens niks anders doen as net sit en wag nie. Niemand kan vir so ʼn situasie voorberei nie.”
Hier is die toptien-passasiersmotors in SA
Tradisioneel is April ’n swak verkopemaand vir die voertuigbedryf, maar desondanks het die totaal van 36 346 eenhede gedui op ’n verbetering van 1 260 verkope teenoor April verlede jaar.
R250 000 glo betaal om Supra ‘vir ewig stil te maak’
“Hierdie is een van vele pogings om Mahumapelo te vermoor – ʼn raadslid in Mahikeng was by die vorige komplot betrokke.”
Boek: Kweek kinders met heel harte
Kweek kinders met heel harte is ’n praktiese gids om jou kind reg groot te kry in vandag se tye – na siel en gees. Ouerskapkenner Hettie Brittz kyk indringend na kwessies soos die versorging van jou kind se liggaam, siel en gees, selfbeeldontwikkeling, die kweking van goeie karakter, die afleer van slegte gewoontes en die hantering van swak karaktereienskappe.
Agt sterf in Kaapstadse brand
Vier van die mense wat doodgebrand het, is kinders.
Inbrekers doodgeskiet toe pa gesin beskerm
Intussen het die tweede verdagte in die boosdoeners se wegkommotor gespring en herhaaldelik in die gesin se voertuig, wat die oprit blokkeer het met die gesin steeds binne-in, vasgery.
Nuuskommentaar: As die minderheid regeer
Kan die feit dat pres. Cyril Ramaphosa uit ’n klein stam kom, voorkom dat nepotisme so ’n probleem word soos oudpres. Jacob Zuma se Zoeloefikasie? Ramaphosa se posisie is egter komplekser en interessanter.
Resep: Italiaanse somerslaai
’n Heerlike vars slaai om die nuwe week op ’n vars noot te begin!
Soektog na vermiste Pta-meisie eindig tragies
Die soektog na ʼn 10-jarige meisie van Pretoria wat met outisme gediagnoseer is, het tragies geëindig toe haar liggaam Sondagmiddag opgespoor is.
Vandag se sportnuus
Ses Superrugby-wedstryde is die naweek gespeel waarvan twee deur Suid-Afrikaanse spanne gewen is en in krieketnuus is twee wedstryde gister in die Indiese Premierliga gespeel.