Die bevestiging dat Mahumapelo wel sal voortgaan om die begrotingsrede te lewer kom te midde van mediaberigte dat ANC-leiers Mahumapelo verlede week tydens ʼn vergadering van die nasionale werkkomitee in Kaapstad gevra het om te bedank.
Alles vir Dinsdag 8 Mei 2018
Sakeman geskors ná onderonsie met swanger vrou
Die vooraanstaande sakeman wat na bewering ʼn hoogswanger vrou ná ʼn onderonsie by ʼn Wes-Randse winkelsentrum oor ʼn parkeerplek aangerand het, is uit sy pos geskors.
Man hang van brug op N1
ʼn Skoktoneel het motoriste Dinsdagoggend begroet by die Bothaweg-afrit op die N1 in Centurion.
Boek: Uit die bloute
Jojo Richter, die heldin van ‘Siende blind’, ‘Raaiselspieël’, ‘Ewebeeld’ en ‘Paaiboelie’ is terug. Sy bars van nuuskierigheid oor die groep vroue in die Akkedisberge wat wag vir ʼn moederskip vanaf die Pleiade-sterrestelsel. Wat gaan hier aan?
Nuuskommentaar: Bly of gly
“Bly of gly” het ’n algemene uitdrukking geword om te onderskei tussen diegene wat die land wil verlaat, en diegene wat hier werk daarvan wil maak om van die land ’n beter plek te maak. Wat is die rol van rubriekskrywers om hierdie beïnvloeding te stimuleer?
Vandag se sportnuus
Ná die naweek se ses Superrugby-wedstryde is die Lions steeds eerste in die Suid-Afrikaanse Konferensie en een wedstryd word vanaand in die Engelse Premierliga gespeel.
Ramaphosa moet vandag verduidelik oor grond
Die DA-leier, Mmusi Maimane, gaan vanmiddag pres. Cyril Ramaphosa in ʼn blik probeer druk oor aanduidings dat sy regering besig is met bontpratery oor onteiening sonder vergoeding.
Uitgehongerde perde: Talle nou geskuif
Die diere sal nou na ʼn fasiliteit in Gauteng gestuur word.
ANC-hoë glo voor gesin vermoor
Hy is na bewering voor sy lewensmaat en kinders doodgeskiet.
Maatjie (10) vind meisie (10) hangend van boom
“Die dood van ʼn 10-jarige in sulke omstandighede moet deur almal veroordeel word. Ons maan ouers en voogde om na hul kinders om te sien en altyd daarvan bewus te wees waar hulle hulself bevind.”
Gedagte vir die dag: Bid vir jou gesin
Die vurige gebed van ’n regverdige het groot krag. (Jakobus 5:16)