“Ons weet nou nog nie wie die bejaarde vrou was van wie hy praat nie. Was daar dalk ʼn engel by hom?”
Alles vir Woensdag 9 Mei 2018
Die beste misdaadreekse – nou op Showmax!
Op soek na ʼn lekker riller, misdaad- of polisiereeks? Of is jy dol oor ʼn speurder wat dalk self vol foute is, maar ʼn genie is wanneer hy ʼn saak moet oplos? Hier is van die beste misdaadreekse wat nou op Showmax te sien is.
Bekendstelling: Mercedes-Benz X-klas nou in SA
Die bakkie lyk taaier as wat hy aanvanklik verwag het, skryf Brendon Staniforth. Die ontwerpers was volgens hom veral slim om te verseker dat kleiner wiele nie uit verhouding lyk nie.
Wallis los Britse Leeus tuis vir Bokke en Poemas
Wallis, wat op 2 Junie in Washington teen die Springbokke speel, het slegs 31 spelers vir hul toer van drie toetse na die VSA en daarna Argentinië gekies – en onder meer van hul huidige Britse en Ierse Leeus ruskans gegee.
Iran verwelkom VSA se onttrekking aan kernooreenkoms
Iran het pres. Donald Trump se besluit om die VSA te onttrek aan ʼn ooreenkoms oor Iran se kernprogram verwelkom en gesê dit was van die begin af duidelik dat die Amerikaners “nie betroubaar is nie”.
Engelse reeks: Hou die voete maar plat op die aarde
Daar is niks fout met nuutgevonde selfvertroue nie, maar wanneer dit op amperse arrogansie in sekere mediakringe uitloop terwyl die span nog nie eers gekies is nie, kan jy baie maklik in die gat val wat jy vir jouself gegrawe het.
Talle Mpumalanga-polisiebeamptes vas vir oortredings
Polisiebeamptes het onder meer ʼn ondersoekbeampte betaal om met bewyse te peuter, asook glo ʼn verdagte in kennis gestel dat dossiere teen ʼn fooi vernietig kan word.
Klubrondomtalie: Nóg twee ou klubs smelt saam
Nog twee rugbyklubs met ʼn lang en stoere geskiedenis het hul kragte saamgesnoer om die eise van die beroepsera beter die hoof te bied.
AfriForum nie van stryk gebring deur kritiek
“Ons glo, indien ons die buiteland bewus maak van wat in Suid-Afrika gebeur of moontlik kan gebeur, en hulle op daardie manier aanspoor om ook meer te praat oor die krisis in Suid-Afrika, sal ons kans op sukses om die regering tot beter insigte te dwing aansienlik verbeter.”
‘Dink aan Ma Lina’
ʼn Vurige debat op ʼn Facebook-blad oor huishulpe en minimumloon het Kyla Mills van Johannesburg só diep getref dat sy doodeenvoudig ʼn inskrywing daaroor móés maak wat nou soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.
Wagte ‘etlike ure’ aangehou toe rowers munisipaliteit teiken
“Die wagte is buite vasgebind en dopgehou terwyl die ander verdagtes gewerk het om die kluis met ʼn hoeksnyer oop te sny.”
Kan Trump die Korea-vraagstuk eens en vir altyd oplos?
Trump se strategie het duidelik tot dusver gewerk. Noord-Korea verkeer onder enorme druk en Kim Jong-un het geen ander keuse gehad as om tot onderhandelinge in te stem nie. Suksesvolle onderhandelinge tussen hom en Trump kan tot langtermynvrede op die Koreaanse skiereiland lei en kan magsverhoudinge in Asië vir altyd verander.
Fedusa wil Donald Trump pak oor staalbedryf
Dit kan dalk as ’n Dawid-teen-Goliat-stryd beskou word, maar Suid-Afrika se tweede grootste vakbondfederasie, Fedusa, rol sy moue op om Amerika se president, Donald Trump, te pak oor sy tariefbeleid jeens Suid-Afrika se staal en aluminiumbedrywe.
Lyk dalk dié van vermiste man
Die Suid-Kaapse polisie ondersoek die moontlikheid of ʼn liggaam wat in ʼn beboste gebied in George gevind is, dié van ʼn vermiste man van die omgewing is.
Geen ouderdomsbeperking vir branderpret!
Só wys hy my hoe die golf aanstoot en hoe ek op die regte oomblik strand se kant toe moet swem om die brander te ry. Wat ‘n heerlike nuwe lekkerte..!
Hoog tyd dat Suid-Afrika sy pandorakis aan die wêreld wys
Maar is AfriForum dan verkeerd om die internasionale gemeenskap teen die huidige ANC-regering se uitwasse te probeer mobiliseer? Geensins. Solank dit op die regte manier gebeur, skryf Leopold Scholtz.
Bederf jou ma met dié Moedersdag-kamerkoorfees
Los die sjokoladehartjie – koop vir haar ’n kaartjie!
Unisa-werknemer sê sy is soos ‘huishulp’ behandel
“Ek het eendag siek gevoel en in die kantoor gebraak; sy het geweier dat ek huis toe gaan en gesê ek lyk nie vir haar siek nie.”
2019 algemene verkiesing: Só lyk SA se politieke landskap nou
Maroela Media het met politieke ontleders gesels oor die Suid-Afrikaanse politieke landskap en ʼn vooruitskou gekry van hoe sake staan ongeveer 12 maande voor die land se sesde algemene verkiesing.
Renosterjagter kry swaar straf
“Die sogenaamde wildboer is in hegtenis geneem ná ʼn goed beplande en gekoördineerde poging op sy plaas uitgevoer is.” WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.